Найти книгу: "Honger reisiger"


Honger reisiger Honger reisiger

Автор: Dr Marie Heese

Год издания: 0000

Die honger reisiger is pragtig geillustreerde reisverhale en ’n reseptebundel “sonder saaits”. Dis saamgestel uit die skrywer en haar sielsgenoot-man, Chris, se eksotiese reise na lande soos Turkye, Eritrea, Ethiopie, Frankryk, Egipte, Rusland met resepte wat ook van vriende afgebedel is.Niks is besonder uitheems of lastig om te maak nie. Dis sielskos, trooskos, en veral – kuierkos.
Trompie die reisiger (#21) Trompie die reisiger (#21)

Автор: Topsy Smith

Год издания: 

Trompie beland in groot moeilikheid as hy ’n nuwe mikstok vir sy kettie wil maak en ’n saag uit sy pa se verbode werkskamer gaan gaps. Maar dan skryf hy in vir ’n kompetisie van ’n koejawelfabriek wat ’n “tipiese Suid-Afrikaanse seun” soek. Die prys vir die wenner en ’n maat van sy keuse, is ’n reis in ’n vliegtuig na Kaapstad en Durban, met boonop nog ekstra sakgeld ook! Die vraag is net: sal Trompie ooit as die wenner gekies word, en as hy wen, watter een van sy maats moet hy kies om saam te neem op hierdie wonderlike reis?

Die Poort 2: Reisigers Die Poort 2: Reisigers

Автор: Nelia Engelbrecht

Год издания: 

Die nuweling-Bewakers – Tara, Nomsa, Leonardo en Kali – se Kragte en Magte word sterker. Toe Tara se ma ontvoer word, oorreed Tara hulle om deur die Poort te gaan om na haar ma te gaan soek, al het die Raad van Bewakers dit streng verbied. Intussen word die band tussen Leonardo en Kali al hegter. Hoe lank sal sy nog vir Zak kan jok oor waarom sy en Leonardo so baie tyd saam deurbring? En sal die Nuwelinge se Kragte en Magte sterk genoeg wees om wat ook al hulle bedreig, te stuit?

'n Tydreisigersgids vir Suid-Afrika in 2030 'n Tydreisigersgids vir Suid-Afrika in 2030

Автор: Frans Cronje

Год издания: 

Hoe gaan Suid-Afrika in 2030 lyk? En hoe gaan die volgende vyftien jaar ontvou? Die afgelope paar jaar het Suid-Afrika dramatiese veranderinge ondergaan: Politieke spanning het verhoog, die ekonomie het in die hek geduik en al meer Suid-Afrikaners wend hulle uit frustrasie straat toe. Wat beteken dit vir die land se toekoms? Gaan die vonk in die kruitvat vlamvat? In die boek ontleed die bekende scenariobeplanner Frans Cronje die jongste tendense en skets vier splinternuwe scenario's vir die land se toekoms. Is Suid-Afrika op pad om 'n meer sosialistiese staat te word waar die regering op individue se grond en rykdom beslag le? Of gaan die status quo seevier en die gaping tussen ryk en arm vergroot terwyl misdaad die hoogte inskiet? Gaan ons demokratiese regte en vryhede toenemend verminder? Of gaan 'n reenboog onverwags sy verskyning maak? Cronje se nuwe scenario's is 'n nugter kompas vir Suid-Afrika se hoogs onvoorspelbare toekoms.