|
Trompie beland in groot moeilikheid as hy ’n nuwe mikstok vir sy kettie wil maak en ’n saag uit sy pa se verbode werkskamer gaan gaps. Maar dan skryf hy in vir ’n kompetisie van ’n koejawelfabriek wat ’n “tipiese Suid-Afrikaanse seun” soek. Die prys vir die wenner en ’n maat van sy keuse, is ’n reis in ’n vliegtuig na Kaapstad en Durban, met boonop nog ekstra sakgeld ook! Die vraag is net: sal Trompie ooit as die wenner gekies word, en as hy wen, watter een van sy maats moet hy kies om saam te neem op hierdie wonderlike reis? Получить ссылку |
Honger reisiger
Автор: Dr Marie Heese
Год издания:
Die honger reisiger is pragtig geillustreerde reisverhale en ’n reseptebundel “sonder saaits”. Dis saamgestel uit die skrywer en haar sielsgenoot-man, Chris, se eksotiese reise na lande soos Turkye, Eritrea, Ethiopie, Frankryk, Egipte, Rusland met resepte wat ook van vriende afgebedel is.Niks is besonder uitheems of lastig om te maak nie. Dis sielskos, trooskos, en veral – kuierkos.
Trompie die kaptein (#22)
Автор: Topsy Smith
Год издания:
Trompie-hulle gaan speel in die kloof en ’n nuwe vriend, Asjas, val en sit vas. Terwyl hulle hom probeer red, ontdek hulle in die grot ’n historiese rotstekening. Die rugbyseisoen breek aan en die Boksombende speel vir plekke in ’n provinsiale span, maar dit gaan broekskeur . . . totdat hulle almal verras in ’n plaaslike wedstryd.
Trompie die rebel (#17)
Автор: Topsy Smith
Год издания:
Trompie bring ’n brulpadda skool toe en sake ruk hand-uit wanneer ’n nuwe onderwyseres skoon flou val van skok. Gelukkig vir die sproetgesig is die skoolhoof nie op die oomblik in Kwaggaberg nie. Die Boksombende se Grootkaptein is jaloers wanneer Katrien, die meisie wat langs hom bly, ’n brief van ’n geheime bewonderaar in hul klas kry. Dit is nie lank voor Trompie uitvind wie so beenaf op haar is nie en dan gaan hy uit sy pad om die lewe vir die kerel moeilik te maak. Ons held besluit hy moet ’n nuwe blaadjie omslaan en ’n beter mens word. Sy bendelede is nie juis beindruk met hierdie nuwe gier nie, maar Trompie doen sy bes om sy medemens te help. Hy hoor by ’n vriend wat in die koshuis is dat die kinders nie naastenby genoeg kos daar kry nie en ontferm hom dadelik oor hulle. Die daaropvolgende eetstaking wat Trompie reel, het verreikende gevolge!
Trompie die sportman (#19)
Автор: Topsy Smith
Год издания:
Die Boksombende se Grootkaptein kom voor ’n krisis te staan. Die rugbyseisoen is om die draai en Gerrit Moerdyk, ’n seun met wie hy nog nooit klaargekom het nie, se vir almal hulle moenie weer vir Trompie as hul spankaptein kies nie. Volgens Gerrit is Trompie ’n selfsugtige speler en is dit sy skuld dat hulle nie verlede jaar die beker gewen het nie. Dit lei tot ’n grootskaalse verkiesingsveldtog waarin ons held en sy vriende alles moet uithaal om sy naam in ere te herstel en almal te oortuig dat hy ’n waardige kaptein is. Die Grootkaptein dink self ’n gevatte slagspreuk uit om stemme te werf: “Hompie Kedompie – stem vir Trompie!” Kwaggaberg se sproetgesig kan sy geluk nie glo wanneer sy rugbyheld in die dorp opdaag nie. Hy kry die kans om van aangesig tot aangesig met die beroemde Springbok te gesels en handige wenke te kry – en word selfs na ’n toetswedstryd uitgenooi. Maar Trompie moet natuurlik eers ’n struikelblok of twee oorkom – nie dat dit ooit vir hom ’n probleem is nie!
Trompie die waaghals (#18)
Автор: Topsy Smith
Год издания:
Trompie en Rooie kom weg met ’n waarskuwing wanneer hulle resies jaag deur by die skool se traprelings af te gly. Dan daag hulle die noodlot verder uit deur met die interkomstelsel te peuter. Hulle bak die leerders in hul klas ’n lekker poets, maar dit boemerang ongelukkig op hulle! Trompie leen ’n waterpistool om sy klasmaats mee te skiet. Wanneer die pistool spoorloos verdwyn, moet hy uitvind wie dit gegaps het. Die sproetgesig kry ’n briljante idee om die skuldiges te vang met die hulp van sy getroue hond Boesman. Die Boksombende is nie lus om die kort vakansie op Kwaggaberg deur te bring nie. Hulle wil vir ’n verandering see toe gaan of op ’n plaas gaan kuier, maar die kanse vir so ’n wegkomkans is skraal – of is dit? Ons held wys weer eens wat in hom steek wanneer hy homself met twee dapper dade oortref. Hy red ’n hulpelose meisietjie en reken af met ’n gevaarlike bende smokkelaars.
Чтобы скачать книгу, отключите блокировку рекламы. Спасибо!