Die derde oog
Автор: Etienne Leroux
Год издания: 0000
Kaptein Demosthenes de Goede word na die suksesvolle afhandeling van elf take aan die D-diens geleen vir sy laaste en twaalfde taak – hy ontvang opdrag om die berugte tycoon Borris Gudenov vas te trek. Gedurende hierdie soektog bevind De Goede hom in ’n inkopiesentrum met ’n sirkelgangtrap; ’n doolhof wat afdaal na die inferno. En soos Dante van ouds moet De Goede in die soeke na homself ’n hellevaart na benede aandurf.
Boertjie - Derde en laste deel
Автор: Hannes Deetlefs
Год издания:
Die verhaal van die mense van Suidwes en deels van Suid-Afrika van «daardie tye» is hier so noukeurig as moontlik aangeteken. Die feite en daarmee ook die seleksie van temas en gebeure baseer besonders op die baie noukeurige dagboeke, die talle briewe en foto's van Hermann Deetlefs en Elisabeth Deetlefs-Reimer. Groot moeite is gedoen om so korrek as moontlik die gebeurtenisse, die emosies, die vrees en verwardheid van daardie moeilike tye weer te gee.
Die derde graf
Автор: Calvyn van Niekerk
Год издания:
Gawie Calitz ontdek die afgelee plaas waar ’n voorsaat in 1927 met ’n diamantfortuin verdwyn het – en dan verdwyn hy ook. Tromp Faber, eks-polisieman en familievriend, kan moontlik ’n martelende selfverwyt oor sy boesemvriend se dood besweer deur Gawie te vind, maar in sy weg le ’n maalkolk van grootskaalse korrupsie en gewetenlose moord wat hom en ander na aan hom gaan insuig.
Helena Hugo Derde Keur
Автор: Helena Hugo
Год издания:
In Alinda se lampie werk Alinda al lank in Saoedi-Arabie, en van ’n prins op ’n Arabier-perd is daar geen sprake nie. Haar lewe is vervelig . . . tot sy ’n Aladdin-lampie koop. In Narkose vir die hart maak die Walskoning, dr. Franz Strauss, se blou oe dr. Saranie du Plessis week. Net jammer dat die draak Glenda Olckers reeds haar kloue in hom geslaan het . . .