Pienk is nie vir sissies nie
Автор: Christien Neser
Год издания: 0000
Nicci is 'n willewragtig op 'n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef 'n meisie het vir hulle ore aangesit. Tot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wereld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Godfrey die legkaart inmekaar, en wat hulle uitvind toets hulle geloof in hulle medemens, en hulle eie waardes.
Speurder Kwaaikofski 3: Die pienk skoolspook
Автор: Jurgen Banscherus
Год издания:
Moet ook nie Kwaaikofski se derde speursaak misloop nie! Kommisarek, die skool se opsigter, het ’n groot probleem: hy glo dit spook by die skool. Die afgelope paar aande hoor hy snaakse geluide en sien vreemde, onaardse skaduwees op die skoolterrein rondsluip. Kwaaikofski skrik natuurlik nie vir ’n koue pampoen nie en hy besluit dadelik om ondersoek in te stel. Maar toe hy die pienk skoolspook een aand om middernag van aangesig tot aangesig aanskou, is selfs hy nie meer so braaf nie . . .
Die antie met die pienk rok en ander stories
Автор: Jan Spies
Год издания:
Daar is min mense wat ’n storie soos Jan Spies kan vertel. Die antie met die pienk rok en ander stories is ’n keur uit sy humoristiese vertellings in Pilatus tot molshoop, Poort deur die koue, Profeet met kondensmelk en Pille vir servette. Maak opnuut kennis met onvergeetlike karakters soos Maans Maanse, sersant Jonie Louw en pater Hoeflies wat ietsie neem vir die koue in ’n poort naby Kenhardt, Orrelkosie wat ’n halwe dag neem om te verduidelik hoe om ’n pil in ’n hoender se keel af te kry, Habakuk en sy blik kondensmelk en die leerlingverpleegstertjie wat ’n plan bedink om die oumense se valstande skoon te maak. Die antie met die pienk rok en ander stories sluit onder meer die volgende ou gunstelinge in:’n Poort deur die koue, Die dinges is ’n watsem, Waaksaam op die vlug, Maans Maanse en die muil, ’n Emmer tanne vir ’n hospitaal holbekke, Habakuk met ’n blik kondensmelk, ’n Bek vol tanne, Van Duiwel Pontius na Dominee Pilatus, Moeilike medisyne en ’n Deeglike probleem.