|
Moet ook nie Kwaaikofski se derde speursaak misloop nie! Kommisarek, die skool se opsigter, het ’n groot probleem: hy glo dit spook by die skool. Die afgelope paar aande hoor hy snaakse geluide en sien vreemde, onaardse skaduwees op die skoolterrein rondsluip. Kwaaikofski skrik natuurlik nie vir ’n koue pampoen nie en hy besluit dadelik om ondersoek in te stel. Maar toe hy die pienk skoolspook een aand om middernag van aangesig tot aangesig aanskou, is selfs hy nie meer so braaf nie . . . Получить ссылку |
Crazy speurder. Snaakse speurder
Автор: СтаВл Зосимов Премудрословски
Год издания:
In Engeland is daar ’n speurder, Sherlock Holmes en Dr. Watson; In Europa – Hercule Poirot and Hastings; in die VSA, Niro Wolfe en Archie Goodwin.En hier, die Russe, is dit die distrik-generaal Klop en sy nare assistent, korporaal, Incifalapat.Saam sal hulle mekaar nie sien nie, maar dit verhinder hulle nie om kriminele sake te ondersoek nie…Hierdie roman is deur Putin gehou.# Alle regte voorbehou.
Die straatspeurders: Sink of swem
Автор: Janis Ford
Год издания:
Die Straatspeurders is terug! Hierdie keer moet Vuyo en sy vriende, Victor, Sizwe en Tembile ’n bende skurke uitoorle wat boot-eienaars in Houtbaai-hawe afpers deur hulle boot op te blaas as hulle nie toegee aan hulle eise vir geld nie. Die aksie neem Sizwe na die oop see, maar hy kan nie swem nie! Gelukkig help ’n vriend hom om na veiligheid te stuur en hy word gered. Intussen het die polisie die skurke gevang en die Straatspeurders is weer eens die helde van die gemeenskap. Die sewende boek in die opwindende Die Straatspeurders-reeks
Trompie die speurder (#6)
Автор: Topsy Smith
Год издания:
Die eindeksamen is naby, maar Trompie is nie lus om te leer nie – hy gaan swem eerder elke middag in die dam. Wanneer hy hoor daar is fietsdiewe op sy tuisdorp, weet die Boksombende se Grootkaptein sommer dadelik waar hulle die gesteelde goedere wegsteek – in een van die grotte bo teen die berg. Trompie en Rooie kom op die skelms af terwyl hulle die fietse op ’n vragmotor laai. Ons held stuur sy maat om die polisie te gaan haal, maar dan vat die diewe die pad en hy klim agterop hul vragmotor. Na ’n lang rit beland hy in ’n Johannesburgse agterbuurt en moet vir sy lewe vlug. Sal Trompie die kanniedood hierdie gevaarlike avontuur oorleef sodat hy weer saam met sy manskappe onder die blou hemel kan vergader?
Speurder Kwaaikofski 1: Die kougomstrik
Автор: Jurgen Banscherus
Год издания:
Kwaaikofski is ‘n 9jarige seun met ‘n avontuurlike stokperdjie: Hy is ’n amateur-speurder. Hy kou altyd kougom , want dit help hom dink. Hy haal ook NOOIT sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy! Sy eerste speursaak is ’n moeilike een: Waarom op aarde verdwyn sy gunsteling-kougom uit Olgo se winkel? Het daai simpel vent, Slang, dalk iets daarmee te doen? Een ding is seker: Speurder Kwaaikofski gaan uitvind!
Die intriges is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
Speurder Kwaaikofski 2: Die geheim van die vlieende koei
Автор: Jurgen Banscherus
Год издания:
Hierdie keer is Kwaaikofski in die platteland, maar dit is alles behalwe ’n vakansie! Die dorpie waar hy gaan kuier het ‘n goeie speurder dringend nodig. Met sy aankoms gewaar hy ’n vreemde, blou rubberkoei wat deur die lug vlieg. En later vind Kwaaikofski ’n harige koeistert in sy bed, saam met twee lang, bleek bene! Iemand probeer hom beslis die skrik op die lyf jaag . . . Gelukkig sorg die mooi meisie, Julie, dat die lewe tussen koeie, trekkers en gruwelike skurke darem nie te ondraaglik raak nie.
Чтобы скачать книгу, отключите блокировку рекламы. Спасибо!