Найти книгу: "Blou is nie ’n kleur nie"


Blou is nie ’n kleur nie Blou is nie ’n kleur nie

Автор: Carin Krahtz

Год издания: 0000

Die Vorsters herinner aan ’n sirkus, maar nie die ha-ha-en-oe-la-la-soort nie. Sedert die ongeluk bietjie meer as drie jaar gelede lag hulle almal se narbekke in blou, nie meer in sirkusrooi nie. En dis elkeen vir homself wanneer die brokstukke van die gesin in verskillende rigtings spat.Totdat Paternoster besluit om weer die Hoof van sy Eie Huis te wees – soos dit in ’n normale gesin hoort waar die pa nie te veel drink nie. Paternoster is gatvol vir die regering, vir rugby en vir raserige goggas. Sy plan is dat die gesin Nieu-Seeland toe emigreer, want daar speel mense nog rugby met passie, daar reen dit soos dit moet en daar sal hulle die sterre kan hoor praat. Hoe gemaak as ’n pa die kluts kwyt raak en ’n ma terugkom om die stukke van die gesin te gom, al is dit net vir Kersfees? Blou is nie ’n kleur nie is die sestienjarige Vicky se weergawe van ’n gesin se verswelging deur voorstedelike angs en ander bagasie.
Waar is die kleure heen? Waar is die kleure heen?

Автор: Louisa du Toit

Год издания: 

“Die lewe . . . soms is alles so mooi. Net reg. Tot jy op ’n dag ontwaak en wonder: waar is die kleure heen?” Hierdie vraag teister nie net vir Fiona Collins nie, maar ook vir Meyer Bronkhorst en vir Laura. Sedert die verraad van Laura en sy broer Piet, het Meyer nog nooit weer in ’n vrou belang gestel nie. Hy wy sy lewe aan sy eksentrieke ma by wie hy inwoon, en ook aan sy statusbewuste suster met haar gesin. Maar slegs een ding in die lewe is seker: dat niks ooit dieselfde bly nie. Nie vir Fiona, vir Laura of Meyer, ook nie vir die vreemdeling wat onverwags op Sederburg opdaag nie. Die leser raak intens betrokke by die wel en wee van ’n aantal mense op die skynbaar vreedsame dorpie.

Kleure van die liefde Kleure van die liefde

Автор: Группа авторов

Год издания: 

Oplaas ’n nuwe versameling van 25 lekkerlees-liefdesverhale wat oor die jare in rooi rose verskyn het. Gunsteling-skrywers se verhale is hier te vinde: Sophia Kapp, Irma Joubert, Helene de Kock, Annelie Botes, Christine Barkhuizen-le Roux, Elsa Winckler. En moenie van die mans vergeet nie: Fanie Viljoen, Jaco Jacobs, en veral ’n uitmuntende verhaal deur wyle George Weideman. Dit is ’n boek vir alle soorte leesgieriges. Verkies jy om bietjies-bietjies te proe, is die tydskrifstories net die regte lengte vir ’n vinnige blaaskans voor slaaptyd. Of as jy daarvan hou om ’n boks sjokolade op een slag te verslind, dan is Kleure van die liefde die ideale wegkomkans wat jou sal laat vergeet van enige saai alledaagsheid. Skrywers in die boek: Erika Murray-Theron, Sophia Kapp, Marlise Joubert, Irma Joubert, Alta Cloete, Louis Esterhuizen, George Weideman, Fanie Viljoen, Annelie Botes, Marietjie Kotze, Bernette Bergenthuin, Christine Barkhuizen-le Roux, Nelia Engelbrecht, Carina Stander, Mariette Snyman, Rachelle Greeff, Madri Victor, Helene de Kock, S.D. Fourie, Elsa Winckler, Rita Gilfillan, Jaco Jacobs, Francois Bloemhof, Paul C. Venter, Engela Linde

Kleur kom nooit alleen nie Kleur kom nooit alleen nie

Автор: Antjie Krog

Год издания: 

RAU-prys vir skeppende skryfwerk (2001) In 'n paar opsigte verskil hierdie digbundel van Antjie Krog se vorige werk: vir die eerste keer beweeg die verse ook buite Suid-Afrika – elders in Afrika en ook Europa. Die verse staan in die teken van 'n soeke na identiteit op die kontinent en die vind van 'n plek binne die Afrika-bestel. Soos in haar vorige bundels hanteer Krog ook in hierdie bundel die persoonlike, die politiese en die land(skap).