Waar is die kleure heen?
Автор: Louisa du Toit
Год издания:
“Die lewe . . . soms is alles so mooi. Net reg. Tot jy op ’n dag ontwaak en wonder: waar is die kleure heen?” Hierdie vraag teister nie net vir Fiona Collins nie, maar ook vir Meyer Bronkhorst en vir Laura. Sedert die verraad van Laura en sy broer Piet, het Meyer nog nooit weer in ’n vrou belang gestel nie. Hy wy sy lewe aan sy eksentrieke ma by wie hy inwoon, en ook aan sy statusbewuste suster met haar gesin. Maar slegs een ding in die lewe is seker: dat niks ooit dieselfde bly nie. Nie vir Fiona, vir Laura of Meyer, ook nie vir die vreemdeling wat onverwags op Sederburg opdaag nie. Die leser raak intens betrokke by die wel en wee van ’n aantal mense op die skynbaar vreedsame dorpie.
Kleure van die liefde
Автор: Группа авторов
Год издания:
Oplaas ’n nuwe versameling van 25 lekkerlees-liefdesverhale wat oor die jare in rooi rose verskyn het. Gunsteling-skrywers se verhale is hier te vinde: Sophia Kapp, Irma Joubert, Helene de Kock, Annelie Botes, Christine Barkhuizen-le Roux, Elsa Winckler. En moenie van die mans vergeet nie: Fanie Viljoen, Jaco Jacobs, en veral ’n uitmuntende verhaal deur wyle George Weideman. Dit is ’n boek vir alle soorte leesgieriges. Verkies jy om bietjies-bietjies te proe, is die tydskrifstories net die regte lengte vir ’n vinnige blaaskans voor slaaptyd. Of as jy daarvan hou om ’n boks sjokolade op een slag te verslind, dan is Kleure van die liefde die ideale wegkomkans wat jou sal laat vergeet van enige saai alledaagsheid. Skrywers in die boek: Erika Murray-Theron, Sophia Kapp, Marlise Joubert, Irma Joubert, Alta Cloete, Louis Esterhuizen, George Weideman, Fanie Viljoen, Annelie Botes, Marietjie Kotze, Bernette Bergenthuin, Christine Barkhuizen-le Roux, Nelia Engelbrecht, Carina Stander, Mariette Snyman, Rachelle Greeff, Madri Victor, Helene de Kock, S.D. Fourie, Elsa Winckler, Rita Gilfillan, Jaco Jacobs, Francois Bloemhof, Paul C. Venter, Engela Linde
Kleur kom nooit alleen nie
Автор: Antjie Krog
Год издания:
RAU-prys vir skeppende skryfwerk (2001) In 'n paar opsigte verskil hierdie digbundel van Antjie Krog se vorige werk: vir die eerste keer beweeg die verse ook buite Suid-Afrika – elders in Afrika en ook Europa. Die verse staan in die teken van 'n soeke na identiteit op die kontinent en die vind van 'n plek binne die Afrika-bestel. Soos in haar vorige bundels hanteer Krog ook in hierdie bundel die persoonlike, die politiese en die land(skap).