Найти книгу: "Anderkant uit"


Anderkant uit Anderkant uit

Автор: Hanlie Retief

Год издания: 0000

In Hanlie Retief se gereelde onderhoude in Rapport oorreed sy doodgewone en beroemde mense om hulle harte behoorlik oop te maak en hul geheime met lesers te deel. Anderkant uit is 'n versameling van onderhoude met die mense wat trauma en teenspoed beleef het – van verslawing, misdaad en siekte tot verlies – en daarin geslaag het om weer op te staan. Die onderhoude word opgevolg deur 'n kort bespreking oor die impak van trauma op die mense se lewens deur die sielkundige Louis Awerbuck en Lise Swart, aanbieders van die radioprogram Wie is ek? Op RSG. Ons kan nie kies wat met ons gebeur nie, maar – soos hierdie aangrypende onderhoude wonderlik illustreer – kan ons wel kies hoe ons reageer op die onverwagte wat na ons kant toe kom.
Anderkant die volmaan Anderkant die volmaan

Автор: Ettie Bierman

Год издания: 

Na sewe wonderlike jare is Nikka en Ruan van der Hoven se huweliksbootjie skielik op ’n stormsee vasgekeer: daar het ’n ander vrou in Ruan se lewe gekom. Hy verduidelik min en Nikka kan aanvoel hy vertel nie die volle waarheid nie, maar pleit by haar sy moet hom nie afskryf nie en hom vertrou. Sy erken sy het haar man soms afgeskeep, maar dis immers iets wat reggemaak kan word. Sy weet Ruan het haar steeds lief. Tog wil hy van haar skei . . .’n Egskeiding is onaanvaarbaar. Maar toe stap haar ou vriend Thys Vorster met sy groot voete tot diep binne-in haar hart. Moet sy vir Ruan wag? En wat dan van die lojale Thys met ’n hart groter as Tafelberg?

Anderkant die scrap Anderkant die scrap

Автор: Dana Snyman

Год издания: 

Agt en veertig uitgesoekte Dana-stories. Vir lesers wat wou weet wie daardie mense op die omslag van Dana se blitsverkoper Uit die binneland was, le hy nou familie uit in die storie “Familiefoto”. Maar eintlik is al die mense in sy stories familie met dieselfde kwaal: Almal mik vir daardie ontwykende droom, wat nooit verbleik nie, anderkant die scrap. Om stories oor helde te skryf is moeilik. Om die weggesteekte mense onvergeetlik te maak is moeiliker, daarom is Dana se stories so onvergeetlik. Daaroor, en omdat die mense in sy stories van ver af kom. Hulle ry Valiants en weet nog van Uncle Charlie’s, padkafees, Geloftefees, Springbokradio en Kommuniste. Die mans dra nog pakke en die vroue hoede; tant Pop en oom Jorrie en so aan. Maar hy skryf ook oor vandag se mense. Party emigreer. Ander bly, hulle kyk sport en reis en kom mense tee. Elke nou en dan sien mens ‘n reenboog. “Ek is eintlik ’n baie gewone ou. Rustig. Daar is nie probleme nie. Op die toneel.” Nota: Dana het onlangs vir hom ’n 1973-Valiant aangeskaf. So ’n bruine.

Anderkant die spieel Anderkant die spieel

Автор: Melissa Scharneck

Год издания: 

Anderkant die spieel is ’n storie vir elke vrou wat al gewens het sy kon die rotte in haar kombuis (en huwelik) met ’n .22 wegblaas, en wat vingeralleen ’n Black Forest-koek kan opeet. Vir elke vrou wat al op ’n dag besef het sy weet nie meer hoe om by die huis te kom nie. Dit is die storie van Maggie, vertel in ’n vars, brandeerlike stem met die tong stewig in die kies. Sy val deur die hasegat op ’n nuwe dorp waar haar gewapende, aweregse buurvrou haar met ’n verkyker dophou en haar o-so-gawe man nooit meer huis toe kom nie.

Geloof anderkant Sondag Geloof anderkant Sondag

Автор: Julian Muller

Год издания: 

'n Groeiende groep gelowiges bevind hulle vandag buite die kerk. Hulle noem hulself nog Christene, maar sukkel om met die georganiseerde godsdiens te identifiseer. Ander is steeds tuis in die kerk, maar verlang na nuwe maniere van praat oor geloof. Die boek is vir hierdie soekendes.
Die bekende teoloog Julian Muller onderskei tussen wat hy 'n Sondag-geloof noem en «geloof anderkant Sondag». Waar 'n Sondag-geloof die veiligheid van duidelike reels en vaste kerklike gebruike bied, laat geloof anderkant Sondag ruimte vir onsekerheid en vertwyfeling. Dit maak erns met die geloofsvrae waarmee mense worstel sonder om te oorvereenvoudig.
Muller gebruik sy eie vrae as vertrekpunt en neem treffende voorbeelde uit sy eie lewe om te wys dat daar wel anderkant Sondag geglo kan word.

Anderkant die vloedwaters Anderkant die vloedwaters

Автор: Helene de Kock

Год издания: 

Anderkant die vloedwaters is ’n storie met onstuimige onderstrome. Dr. Bernard Linde laai een stormnag ’n vreemde vrou op – en sy verdwyn net so skielik weer uit sy lewe. Een ding weet hy: Hy gaan nooit weer dieselfde wees nie.