Скачать книгу - Geloof anderkant Sondag



'n Groeiende groep gelowiges bevind hulle vandag buite die kerk. Hulle noem hulself nog Christene, maar sukkel om met die georganiseerde godsdiens te identifiseer. Ander is steeds tuis in die kerk, maar verlang na nuwe maniere van praat oor geloof. Die boek is vir hierdie soekendes.
Die bekende teoloog Julian Muller onderskei tussen wat hy 'n Sondag-geloof noem en «geloof anderkant Sondag». Waar 'n Sondag-geloof die veiligheid van duidelike reels en vaste kerklike gebruike bied, laat geloof anderkant Sondag ruimte vir onsekerheid en vertwyfeling. Dit maak erns met die geloofsvrae waarmee mense worstel sonder om te oorvereenvoudig.
Muller gebruik sy eie vrae as vertrekpunt en neem treffende voorbeelde uit sy eie lewe om te wys dat daar wel anderkant Sondag geglo kan word.


Sondag van die silwersee Sondag van die silwersee

Автор: Maretha Maartens

Год издания: 

Farah Olivier aanvaar ’n pos as kuns- en dansonderwyseres by ’n privaatskool in Somerset-Wes, maar wanneer sy aanmeld, is daar nie ’n mens in sig nie. Want die skool was net ‘n verneukspul. Vyf dae later weet die 22-jarige Farah hoe dit voel om die ma van twee tieners en ’n laatlam te wees. Sy moes noodgedwonge die pos as au pair vat. Maar Farah voel self nog kind. Padgee is egter nie ’n opsie nie. As dit nie vir haar buurman se seun, Alexander Meiring was nie, sou sy verlore wees. Sy is heel tevrede met die stand van sake – tot die Sondag saam met Alexander en die kinders teen ’n silwer see . . .


Anderkant die volmaan Anderkant die volmaan

Автор: Ettie Bierman

Год издания: 

Na sewe wonderlike jare is Nikka en Ruan van der Hoven se huweliksbootjie skielik op ’n stormsee vasgekeer: daar het ’n ander vrou in Ruan se lewe gekom. Hy verduidelik min en Nikka kan aanvoel hy vertel nie die volle waarheid nie, maar pleit by haar sy moet hom nie afskryf nie en hom vertrou. Sy erken sy het haar man soms afgeskeep, maar dis immers iets wat reggemaak kan word. Sy weet Ruan het haar steeds lief. Tog wil hy van haar skei . . .’n Egskeiding is onaanvaarbaar. Maar toe stap haar ou vriend Thys Vorster met sy groot voete tot diep binne-in haar hart. Moet sy vir Ruan wag? En wat dan van die lojale Thys met ’n hart groter as Tafelberg?


Ware verhale van geloof Ware verhale van geloof

Автор: Helana Olivier

Год издания: 

Daar is geen kleedrepetisie om ons voor te berei vir die lewe nie. Soms verg dit net een krisis om ons lewe vir altyd in ‘n nuwe rigting te stuur. Gaan daardie een groot terugslag wat skielik my pad gekruis het my verbitterd en verwese agterlaat? Gaan my geloof permanent in trurat gegooi word? En wat van die suksesse? Gaan onverwagse deurbrake my in ‘n arrogante, selfversekerde wese verander?


Anderkant die scrap Anderkant die scrap

Автор: Dana Snyman

Год издания: 

Agt en veertig uitgesoekte Dana-stories. Vir lesers wat wou weet wie daardie mense op die omslag van Dana se blitsverkoper Uit die binneland was, le hy nou familie uit in die storie “Familiefoto”. Maar eintlik is al die mense in sy stories familie met dieselfde kwaal: Almal mik vir daardie ontwykende droom, wat nooit verbleik nie, anderkant die scrap. Om stories oor helde te skryf is moeilik. Om die weggesteekte mense onvergeetlik te maak is moeiliker, daarom is Dana se stories so onvergeetlik. Daaroor, en omdat die mense in sy stories van ver af kom. Hulle ry Valiants en weet nog van Uncle Charlie’s, padkafees, Geloftefees, Springbokradio en Kommuniste. Die mans dra nog pakke en die vroue hoede; tant Pop en oom Jorrie en so aan. Maar hy skryf ook oor vandag se mense. Party emigreer. Ander bly, hulle kyk sport en reis en kom mense tee. Elke nou en dan sien mens ‘n reenboog. “Ek is eintlik ’n baie gewone ou. Rustig. Daar is nie probleme nie. Op die toneel.” Nota: Dana het onlangs vir hom ’n 1973-Valiant aangeskaf. So ’n bruine.


Op vlerke van geloof Op vlerke van geloof

Автор: Solly Ozrovech

Год издания: 

Op vlerke van geloof is die kroon op Solly Ozrovech se skryfwerk wat strek oor meer as 30 jaar. Dit bevat 366 dagstukke vol troos, bemoediging en hoop. Met elke dagstuk se Solly Ozrovech: Vertrou op God, skuil by Hom, Hy sal vir jou krag gee sodat jy kan vlieg met arendsvlerke en kan hardloop in die wedloop van die lewe sonder om moeg te word.