Найти книгу: "Tussen heinings"


Tussen heinings Tussen heinings

Автор: Corlia Fourie

Год издания: 0000

Elize is artikelredakteur by ’n nuwe tydskrif. Sarita is verhaalredakteur. In ’n tyd van misdaad en misverstand, van vervreemding en verval, probeer hulle sinvol leef en werk in voorstedelike Johannesburg. Hulle lewens is nou verweef met die van jonger joernaliste. Langs Elize en haar tienerdogter, Michelle, woon Tom, ’n ouer man wat die dood van sy vrou verwerk. Dan is daar ook Welcome wat tussen hulle swerf. Toenemende geweld ontsien geen heining nie en word ’n wurggreep wat dreig om alles en almal te vernietig. Tussen heinings is aktueel. Die agtergrond is alledaags, bekend. Die karakters – van Elize, wat haarself in elke situasie kan en moet handhaaf, tot Welcome, wat met soveel hoop na Suid-Afrika gekom het – bly in die geheue geprent. Dit is Corlia Fourie se vierde roman.
Tussen vriende Tussen vriende

Автор: Derick van der Walt

Год издания: 

Will het ’n stukkie. Iemand by die werk, jonk genoeg om sy dogter te wees. En Adriaan en Cassie weet daarvan, maar bly tjoepstil. Asof dit nie die vriendekring genoeg ontwrig nie, sing Cassie en Phoebe se seun skielik in ’n bedenklike nagklub en Phoebe se eksie-perfeksie ma wil kom kuier in Pretoria – dalk vir baie lank. (Phoebe eet sommer ’n eclair.) Adriaan se Ingrid het pas weer ’n knop in haar bors gevoel, hul enigste dogter is ver oor die waters, en dan’s daar boonop Adriaan se familieplaas wat verkoop moet word noudat sy broer wil padgee Australie toe. En heeltyd wonder Phoebe en Ingrid: wat skort met Will se vrou, Soekie? Sy’t onlangs aan haar gesig laat werk en lyk fantasties, maar iets is fout in haar oe. Die wel en wee van drie paartjies in hul 50’s, komies, lewensgetrou en eg. ’n Storie vir almal wat al ooit oor hul vriende gewonder het, mense nes ek en jy, almal met hul eie geheime.