|
Will het ’n stukkie. Iemand by die werk, jonk genoeg om sy dogter te wees. En Adriaan en Cassie weet daarvan, maar bly tjoepstil. Asof dit nie die vriendekring genoeg ontwrig nie, sing Cassie en Phoebe se seun skielik in ’n bedenklike nagklub en Phoebe se eksie-perfeksie ma wil kom kuier in Pretoria – dalk vir baie lank. (Phoebe eet sommer ’n eclair.) Adriaan se Ingrid het pas weer ’n knop in haar bors gevoel, hul enigste dogter is ver oor die waters, en dan’s daar boonop Adriaan se familieplaas wat verkoop moet word noudat sy broer wil padgee Australie toe. En heeltyd wonder Phoebe en Ingrid: wat skort met Will se vrou, Soekie? Sy’t onlangs aan haar gesig laat werk en lyk fantasties, maar iets is fout in haar oe. Die wel en wee van drie paartjies in hul 50’s, komies, lewensgetrou en eg. ’n Storie vir almal wat al ooit oor hul vriende gewonder het, mense nes ek en jy, almal met hul eie geheime. Получить ссылку |
Veearts-vriende: Tania en die towerfluitjie
Автор: Helen Brain, Nicky Webb, Rico Schacherl
Год издания:
Tania wil graag haar skoolhoof beindruk, maar met ’n familie soos hare gaan dit meer as ’n A-gemiddeld vat! Gelukkig is die hondekompetisie om die draai en Tania het haar planne agtermekaar. Vlooie, haar energieke, rowwe, wasgoed-stelende hond sal die Gehoorsaamste Hond in die kompetisie wees. Maar daarvoor moet sy dokter Katzenellenbogen se Towerfluitjie in die hande kry; dis nou as sy vir Bieber, haar broer Tiek se apie, kan uitoorle. Boonop kom haar irriterende niggie kuier en Tiek het die resep vir jeukpoeier ontdek. Dit is die begin van algehele chaos . . . Tania se ma is ’n veearts en die lewe saam met allerhande oulike troeteldiere is nooit vervelig nie. Hierdie humoristiese, prettige storie is vol dieredrama en dol avonture.
Veearts-vriende 2: Tania en die perdry-kompetisie
Автор: Helen Brain
Год издания:
’n Pragtige perd, Oreo, is te koop en Tania het reeds haar hart op hom verloor. Maar die tyd is besig om uit te loop en dit lyk asof die neus-in-die-lug nuwe meisie, Shardonnay, ‘n aanbod op Oreo gaan maak nog voordat Tania genoeg geld kan bymekaarskraap. Haar ma kan haar nie help nie, want die laaste ding wat hulle nou kan bekostig is ’n perd. Intussen verdwyn die professor se onderbroeke nog steeds, Tiek en sy apie is weer met hulle ou streke besig en Tobie is dolverlief en desperaat om Shardonnay se aandag te trek. Sal Tania ooit vir Oreo in die kompetisie kan ry?
Tussen heinings
Автор: Corlia Fourie
Год издания:
Elize is artikelredakteur by ’n nuwe tydskrif. Sarita is verhaalredakteur. In ’n tyd van misdaad en misverstand, van vervreemding en verval, probeer hulle sinvol leef en werk in voorstedelike Johannesburg. Hulle lewens is nou verweef met die van jonger joernaliste. Langs Elize en haar tienerdogter, Michelle, woon Tom, ’n ouer man wat die dood van sy vrou verwerk. Dan is daar ook Welcome wat tussen hulle swerf. Toenemende geweld ontsien geen heining nie en word ’n wurggreep wat dreig om alles en almal te vernietig. Tussen heinings is aktueel. Die agtergrond is alledaags, bekend. Die karakters – van Elize, wat haarself in elke situasie kan en moet handhaaf, tot Welcome, wat met soveel hoop na Suid-Afrika gekom het – bly in die geheue geprent. Dit is Corlia Fourie se vierde roman.
Чтобы скачать книгу, отключите блокировку рекламы. Спасибо!