Die Suid-Afrikaanse reg
Автор: Francois Smuts
Год издания: 0000
'n Toeganklike en maklik leesbare gids wat verduidelik hoe die Suid-Afrikaanse regstelsel werk, met inligting en raad vir kwessies waarmee almal die een of ander tyd te make kry:
Gesinsake, van trou tot skei en testamente
Geldsake, soos huiskoop, huur en skuld
Sonde met die bure
Werkskwessies, van jou baas tot jou eie onderneming
Kontrakte, en die slaggate om te vermy
Wat om te maak as die ongeluk jou tref
Hofprosedures
Die boek verduidelik nie net die en vele ander regsbeginsels in toeganklike taal nie, dit is ook vol praktiese raad, se waar jy om hulp kan aanklop en hoe om jou regskoste laag te hou. Dit stel jou in staat om kop te hou in moeilike situasies.
Thula-thula (Afrikaanse uitgawe)
Автор: Annelie Botes
Год издания:
Op ‘n laatwintermiddag kom Gertruida Strydom alleen terug Kwakersvallei toe nadat haar pa en ma op die dorp begrawe is. Sy haat hulle. Terwyl sy ‘n toegang-verbode-bord op die plaashek vassit, juig sy saam met die vleipaddas dat die koedoe voor hulle ingehardloop het. Dit was nie haar pa en ma nie. Dit was Abel en Susarah Strydom. Een en dieselfde. Algeheel verskillend. Stinkryk. Brandarm. Wandelend met God. Ingehaak by Satan. Sy was nooit hulle kosbare kroonkiewietjie nie. Toe hulle haar moes bewaak teen die naglikkewaan, het hulle haar uitgelewer. Abel het van haar sy merrieponie gemaak toe sy nog wou kinderliedjies sing en naaldekokers jaag. Kindvrou wat in die silwer maanlig voor die venster vir hom moet dans; op haar kniee voor ouma Strydom se spieelkas staan en na gru-beelde kyk. Terwyl Susarah siende blind en horende doof le en slaap. Of is sy wakker? In die huis teen die bergrant sit Mama Thandeka in haar isitulo esishu-kumayo en wieg liggietjies. Haar oe sien sleg. Haar hart is vol droefte. Sy, umakhulu, het als op Kwakersvallei gesien en gehoor, jare lank. Snags slaap sy sleg, want toe sy moes praat, het sy ge-thula. Nou het die tyd vir praat verbygegaan. Al wat vir haar oorbly, is om al die utatas en umamas van die aarde se geeste tot by haar wiegstoel te roep, en te se: Abazali, hlalani phantsi, phulapulani. Ouers, sit asseblief, luister mooi. Sodat sy, met iNkosi as getuie, die waarheid van die mense van Kwakersvallei kan uitse. En Maandag se Maandag wil sy met haar notsungkierie afsukkel werf toe om Gertruida bietjie vas te hou. Al wil Gertruida van niemand vasgehou wees nie
Suid-Afrikaanse geweldenaars sonder genade
Автор: Chris Karsten
Год издания:
Die waansin en wreedheid van geweld, maar veral die pyn van die slagoffers en hul naasbestaandes tref jou soos ’n krophou by die lees van die sesde titel in Chris Karsten se Ware Misdaad-reeks. Skrywer Pieter Pieterse was volksbesit toe hy al skrywende langs sy swembad oorval is. Goue seun van die Afrikaanse letterkunde Uys Krige se kleindogter, haar man, kinders en huishulp is eweneens genadeloos deur hul tuinier en ’n makker om die lewe gebring. Twee boosaardige jong motorkapers ontsien nie eers die lewe van ’n pragtige klein babadogtertjie nie. Tien ware verhale van godsgruwelike geweldenaars wat weer eens getuig van Karsten se vermoe om meer inhoud aan die koue feite te gee, en so die leser enduit gevange te hou.
Die Afrikaanse Kortverhaalboek
Автор: Группа авторов
Год издания:
Die sewende hersiene uitgawe van hierdie standaardwerk en bekende bloemlesing wat al baie lank beskou word as die barometer van die kortverhaalgenre in Afrikaans. Die nuwe uitgawe sluit 133 verhale van 81 skrywers in. Die chronologiese volgorde, wat oor ’n tydperk van byna 120 jaar strek, gee ’n goeie oorsig van die ontwikkeling van hierdie genre in Afrikaans. Dis die ideale geskenk vir iemand wat belangstel in die stand van die Afrikaanse literatuur of sommer net enigeen wat van boeiende verhale hou.
Die Gewildste Afrikaanse gedigte
Автор: Группа авторов
Год издания:
Leserskring het in samewerking met By en RSG hul lede, lesers en luisteraars gevra om vir hul gunstelinggedigte in Afrikaans te stem. Hierdie boek bevat die 100 gewildste gedigte, soos aangewys deur liefhebbers van die digkuns uit alle uithoeke van die land, oud en jonk. Die versameling bevat ’n wye verskeidenheid poesie, deur digters soos Eugene N. Marais, Elisabeth Eybers, Breyten Breytenbach, Antjie Krog, N.P. van Wyk Louw, A.G. Visser, Lina Spies, D.J. Opperman en Adam Small. Dit is ’n onteenseglike bewys dat die woordkuns steeds ’n plek het in die harte en huise van Suid-Afrikaanse lesers.
Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes
Автор: Hilda Lategan
Год издания:
Statistieke bewys dat diabetes skrikwekkend toeneem onder Suid-Afrikaners. Al hoe meer mense – ook kinders – se lewe en eetgewoontes word deur die siekte geraak. Hierdie kookboek sal jou help om jou diabetes en insulienweerstandigheid onder beheer te kry en bevat meer as 100 smaaklike en gesonde resepte, resepte met maklik verkrygbare, bekostigbare bestanddele, belangrike inligting oor tipe 1- en tipe 2-diabetes, swangerskap-diabetes, ingekorte glukosetoleransie en die glukemiese indeks (GI), ’n voedingstofanalise by elke resep, wenke vir spyskaartbeplanning en inkopielyste en pragtige foto’s van die geregte. Hilda Lategan het die beste resepte uit haar twee topverkoper-boeke in die 'Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulienweerstandigheid' -reeks gekies, sodat jy en jou gesin elke dag heerlik en gesond kan eet. Die resepte is watertandlekker en strek van ontbyt, sop, styselgeregte, ligte en hoofmaaltye tot gebak en iets vir jou suikertand.