Скачать книгу - Thula-thula (Afrikaanse uitgawe)



Op ‘n laatwintermiddag kom Gertruida Strydom alleen terug Kwakersvallei toe nadat haar pa en ma op die dorp begrawe is. Sy haat hulle. Terwyl sy ‘n toegang-verbode-bord op die plaashek vassit, juig sy saam met die vleipaddas dat die koedoe voor hulle ingehardloop het. Dit was nie haar pa en ma nie. Dit was Abel en Susarah Strydom. Een en dieselfde. Algeheel verskillend. Stinkryk. Brandarm. Wandelend met God. Ingehaak by Satan. Sy was nooit hulle kosbare kroonkiewietjie nie. Toe hulle haar moes bewaak teen die naglikkewaan, het hulle haar uitgelewer. Abel het van haar sy merrieponie gemaak toe sy nog wou kinderliedjies sing en naaldekokers jaag. Kindvrou wat in die silwer maanlig voor die venster vir hom moet dans; op haar kniee voor ouma Strydom se spieelkas staan en na gru-beelde kyk. Terwyl Susarah siende blind en horende doof le en slaap. Of is sy wakker? In die huis teen die bergrant sit Mama Thandeka in haar isitulo esishu-kumayo en wieg liggietjies. Haar oe sien sleg. Haar hart is vol droefte. Sy, umakhulu, het als op Kwakersvallei gesien en gehoor, jare lank. Snags slaap sy sleg, want toe sy moes praat, het sy ge-thula. Nou het die tyd vir praat verbygegaan. Al wat vir haar oorbly, is om al die utatas en umamas van die aarde se geeste tot by haar wiegstoel te roep, en te se: Abazali, hlalani phantsi, phulapulani. Ouers, sit asseblief, luister mooi. Sodat sy, met iNkosi as getuie, die waarheid van die mense van Kwakersvallei kan uitse. En Maandag se Maandag wil sy met haar notsungkierie afsukkel werf toe om Gertruida bietjie vas te hou. Al wil Gertruida van niemand vasgehou wees nie


Darthula Darthula

Автор: Petra Hartmann

Год издания: 



Iris Grace - How Thula the Cat Saved a Little Girl and Her Family (Unabridged) Iris Grace - How Thula the Cat Saved a Little Girl and Her Family (Unabridged)

Автор: Arabella Carter-Johnson

Год издания: 

Iris Grace is a beautiful little girl who, from a very young age, barely communicated, avoided social interaction with other people, and rarely smiled. Both before her diagnosis of autism and after, she seemed trapped in her own world, unable to connect with those around her. One day, her mother brought home a Maine Coon kitten for Iris. Thula immediately bonded with Iris, knowing right away how to assuage Iris when she became overstimulated, when to intervene when Iris became overwhelmed, and how to provide distraction when Iris started heading toward a meltdown. With Thula's companionship, Iris began to talk and interact with her family. Inspiring and touching, Iris Grace follows the struggles and triumphs of a family – and a miracle cat – as they learn to connect with an amazing child.


Thula-Thula (English Edition) Thula-Thula (English Edition)

Автор: Annelie Botes

Год издания: 

Gertruidah Strydom has just lost both her parents in a freak motor-car accident. She returns home from the funeral. Alone. Yet why does she shed no tears? Why is there no grief, only utter relief? Suddenly, for the first time in her life, she is free. The family farm is hers. Only hers. Her father was a pillar of the community – hero of the Border war, successful farmer, church elder and family man. Her mother was the society darling, her tennis parties the toast of the town. Yet at night Gertruidah would lay awake, waiting for the creak of the floorboard, waiting for the doorknob to turn . . . Waiting for a bed-time story and a goodnight kiss for Daddy's little princess. What fairy tales did Gertruidah have to act out by the light of the moon? And what fatherly love was this? Why her fear of the slimy frog? Why her dread of the forked-tongue leguan? What perverted lusts lurked in the darkened Strydom house?


Suid-Afrikaanse geweldenaars sonder genade Suid-Afrikaanse geweldenaars sonder genade

Автор: Chris Karsten

Год издания: 

Die waansin en wreedheid van geweld, maar veral die pyn van die slagoffers en hul naasbestaandes tref jou soos ’n krophou by die lees van die sesde titel in Chris Karsten se Ware Misdaad-reeks. Skrywer Pieter Pieterse was volksbesit toe hy al skrywende langs sy swembad oorval is. Goue seun van die Afrikaanse letterkunde Uys Krige se kleindogter, haar man, kinders en huishulp is eweneens genadeloos deur hul tuinier en ’n makker om die lewe gebring. Twee boosaardige jong motorkapers ontsien nie eers die lewe van ’n pragtige klein babadogtertjie nie. Tien ware verhale van godsgruwelike geweldenaars wat weer eens getuig van Karsten se vermoe om meer inhoud aan die koue feite te gee, en so die leser enduit gevange te hou.


Die Afrikaanse Kortverhaalboek Die Afrikaanse Kortverhaalboek

Автор: Группа авторов

Год издания: 

Die sewende hersiene uitgawe van hierdie standaardwerk en bekende bloemlesing wat al baie lank beskou word as die barometer van die kortverhaalgenre in Afrikaans. Die nuwe uitgawe sluit 133 verhale van 81 skrywers in. Die chronologiese volgorde, wat oor ’n tydperk van byna 120 jaar strek, gee ’n goeie oorsig van die ontwikkeling van hierdie genre in Afrikaans. Dis die ideale geskenk vir iemand wat belangstel in die stand van die Afrikaanse literatuur of sommer net enigeen wat van boeiende verhale hou.