Найти книгу: "Wanneer God jou vashou"


Wanneer God jou vashou Wanneer God jou vashou

Автор: Johan Smit

Год издания: 0000

Wanneer God jou vashou is die geliefde skrywer Johan Smit se oordenkings van lof in 366 dagstukkies oor God se genade. Dit getuig van die God wat jou nooit begeef nie, al is jou pad deur diep driwwe uitgestip. Met kenmerkende eerlikheid raak Johan temas soos die volgende aan: Uitdagings, oorwinnings en teleurstellings; Die Here is my herder; Beloftes; Vreugde en hoop; My tye in sy hand; Wanneer God ’n verskil maak en Vertroue. Wanneer God jou vashou bied vars pitkos vir elke dag van die jaar. Laat Hy jou elke dag vashou en ervaar die gerusstelling van God se genade.
Wanneer 'n droom waar word Wanneer 'n droom waar word

Автор: Ettie Bierman

Год издания: 

Carmia Basson moet noodgedwonge bedank as junior verslaggewer en word spoedig aangestel as assistent van die bekende skrywer Margo Vermeulen. Margo het dringend iemand nodig wat sal inwoon by haar en haar kleinseun op Skamanga, hul spoglandgoed aan die KwaZulu-Natalse kus. Dit klink idillies, maar spoedig begin dinge krap. Deneys Vermeulen wil Carmia glad nie op sy plaas he nie. En Tasha, wulpse buurdogter en bekende perderuiter, wil Deneys tot elke prys aankeer. Carmia self moet ook kliphard teen haar wederstrewige hart baklei – totdat Deneys haar van die landgoed af wegjaag . . .

Wanneer die nuwe dag breek Wanneer die nuwe dag breek

Автор: Ena Murray

Год издания: 

Toe die jong Elfie en die wereldwyse Renier die eerste maal ontmoet, het hul albei geweet hulle het hul lewensmaat gevind. Maar hulle moes eers deur die lewe gelouter word voordat hulle mekaar werklik kon waardeer . . .

Wanneer passie blom Wanneer passie blom

Автор: Madelie Human

Год издания: 

Dis nou nie wat Janie in gedagte gehad het met haar bedelbriefies aan Kupido nie! Sy’t dan so mooi gevra: Net ’n gewone man, seblief. Hy hoef glad nie so danig aantreklik te wees nie. Sy’t nie gevra vir Ryno Bruwer nie: Gans en al te mooi vir ’n mens, ongeskik en seksisties daarby, en om alles te kroon die nuwe eienaar van haar familieplaas Bloemendal, en dus in staat om haar en Thea uit hul blomwinkeltjie op die plaas te skop! The Daisy Chain is Janie se lewe, dit en haar orgidee – en nou moet hulle geepad van die plaas af en sal hulle nooit weer ’n bekostigbare perseel vind nie. Sy behoort die man nooit te vergewe nie . . . Maar hier gaan sy dan nou op ’n afspraak saam met hom! Hulle kan nie ophou stry nie, en tog . . . Hy’s nog meer van ’n orgidee-liefhebber as Janie . . . en daardie oe! Wanneer Ryno haar die eerste keer soen, weet Janie hier’s groot moles. Want wat sy voel en wat sy weet – Ryno is die allerlaaste man vir haar – klop net nie. Wat is hier aan die blom: ’n eendagmooi bloeiseltjie of ’n langlewe-orgidee?

Wanneer die skadu's wyk Wanneer die skadu's wyk

Автор: Schalkie van Wyk

Год издания: 

Karla raak verloof aan die man wat sy reeds vier jaar lank liefhet. Maar die verhouding dra nie haar pa se goedkeuring weg nie. Dan hoor Karla boonop een aand ’n gesprek wat kennelik nie vir haar ore bedoel was nie.

Wanneer woorde onnodig is Wanneer woorde onnodig is

Автор: Jacolet van den Berg

Год издания: 

Toe traumaberader Aria Brink vir Reuben Rademeyer by ’n partytjie ontmoet, wonder sy waarom hy vir haar so bekend lyk. Sy het die uitvoerende hoof van Medline, die hospitaalgroep waar sy haar praktyk bedryf, mos nog nie vantevore teegekom nie . . . Van een ding is sy wel seker: dat daar onmiddellik ’n sterk aangetrokkenheid tussen haar en die mooi man is. Maar dan verskyn sy meisie aan sy arm en dit blyk dat hulle op die punt staan om verloof te raak. Dieselfde aand is Reuben in ’n ongeluk betrokke en Aria word ontbied om vir hom berading te gee. Skielik onthou sy: Reuben was as student by toe haar suster, Ansu, verdrink het. En Aria het die groep studentevriende van Ansu, wat haar nie kon red nie, steeds nie vergewe nie. Aria wil tot elke prys verhoed dat Reuben uitvind wie sy is. Trouens, sy wil niks meer met hom te doen he nie. Maar die noodlot gooi hulle telkemale weer saam.