Скачать книгу - Wanneer die skadu's wyk



Karla raak verloof aan die man wat sy reeds vier jaar lank liefhet. Maar die verhouding dra nie haar pa se goedkeuring weg nie. Dan hoor Karla boonop een aand ’n gesprek wat kennelik nie vir haar ore bedoel was nie.


Man van lig en skadu Man van lig en skadu

Автор: Schalkie van Wyk

Год издания: 

Op die partytjie van haar baas se bedorwe dogter, Nicolette, ontmoet Petri Auckamp een aand ‘n man wat so vas en sterk soos ‘n boom blyk te wees. Hougard Reyneke red haar meer as een maal uit ‘n moeilike situasie en laat haar hart beslis vinniger klop. Maar hy is klaarblyklik verloof aan Nicolette. En boonop is daar Ian Olivier, die jong prokureursklerk wat vlerksleep by Petri. Houghard is ‘n man van lig en skadu vir Petri. Een oomblik skerts hy met die sorgvryheid van die jeug en dan vlug die lig uit sy oe en word hy ‘n man van donker geheime. . .


Wanneer 'n droom waar word Wanneer 'n droom waar word

Автор: Ettie Bierman

Год издания: 

Carmia Basson moet noodgedwonge bedank as junior verslaggewer en word spoedig aangestel as assistent van die bekende skrywer Margo Vermeulen. Margo het dringend iemand nodig wat sal inwoon by haar en haar kleinseun op Skamanga, hul spoglandgoed aan die KwaZulu-Natalse kus. Dit klink idillies, maar spoedig begin dinge krap. Deneys Vermeulen wil Carmia glad nie op sy plaas he nie. En Tasha, wulpse buurdogter en bekende perderuiter, wil Deneys tot elke prys aankeer. Carmia self moet ook kliphard teen haar wederstrewige hart baklei – totdat Deneys haar van die landgoed af wegjaag . . .


In die skadu van soveel bome In die skadu van soveel bome

Автор: Hennie Nortje

Год издания: 

In hierdie debuutbundel oor veral uitsonderlike bome word ’n fyn ewewig gehandhaaf tussen emosie en intellek in weloorwoe, delikate woordkuns. Dit is verstegnies vaardige, deernisvolle gedigte waarin die bome van Suid-Afrika beelde word vir menswees en psigiese ervarings. Fyn natuurwaarneming, trefseker woordkeuses en speelse humor, ook satire, maak van die bundel ’n boeiende verkenning van die menslike psige en ons verhouding tot die natuur.


Wanneer die nuwe dag breek Wanneer die nuwe dag breek

Автор: Ena Murray

Год издания: 

Toe die jong Elfie en die wereldwyse Renier die eerste maal ontmoet, het hul albei geweet hulle het hul lewensmaat gevind. Maar hulle moes eers deur die lewe gelouter word voordat hulle mekaar werklik kon waardeer . . .


Bella se skaduwee Bella se skaduwee

Автор: Amelia Strydom

Год издания: 

Toe Bella du Toit haar “skaduwee” sien, sak haar moed in haar tekkies. Sy het so gehoop dokter Markus Cameron van die Kaap is ’n gawe, vaal omie met ’n boepens en ’n bril. Dis erg genoeg dat sy hom vir die volgende maand moet saamsleep na al die geboortes wat sy hanteer en dat sy hom moet mentor in die kuns van natuurlike bevallings. Moes hy nou boonop so ’n aantreklike blikskottel wees? Bella vertrou mooi mans net so ver as wat sy hulle kan gooi. Haar ma het met ’n mooi man getrou, en kyk net waar dit hulle gebring het. Renier, Bella se universiteitsliefde, was ’n beeld van ’n man, en sy sit nou nog met die letsels. Nee, van Markus wil Bella niks weet nie. Maar omstandighede dwing haar om nou saam met haar skaduwee te werk en sy begin dieper kyk as die modelmooi uiterlike wat haar so ontstem. Is dit waar dat mens nie ’n man op sy baadjie moet takseer nie? Of was haar eerste instink tog reg: Moet sy vlug van Markus en van die gevoelens wat hy in haar wakker maak? Bella moet die donker plekke van haar siel ondersoek om einde ten laaste lig van skaduwee te kan onderskei.