Найти книгу: "Speurder Kwaaikofski 4: Die aand van die blou kaalkoppe"


Speurder Kwaaikofski 4: Die aand van die blou kaalkoppe Speurder Kwaaikofski 4: Die aand van die blou kaalkoppe

Автор: Jurgen Banscherus

Год издания: 0000

Kwaaikofski word ontvoer! Sy ontvoerders lyk baie grillerig – hulle het almal maskers op en hulle kaalgeskeerde koppe is blou! Maar dis nie die ergste nie: Een van die booswigte waag dit om vir Kwaaikofski dieselfde haarstyl te gee – en nou lyk hy soos ’n blou paaseier. Ons slim speurder gaan dit beslis nie daar los nie. So begin een van die mees misterieuse sake van sy hele speurloopbaan . . . Die Speurder Kwaaikofski speurreeks is deur een van Duitsland se mees gliefde skrywers vir kinders geskep en het al meer as 850 000 eksemplare wereldwyd verkoop. Die aand van die blou kaalkoppe is die vierde storie in die Afrikaanse reeks. Kwaaikofski is ’n 9-jarige seun met ’n avontuurlike stokperdjie: hy’s ’n amateur-speurder. Hy kou altyd kougom, want dit help hom dink. Hy haal ook nooit sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy! Die intriges van die stories in die reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture! Die boeke het eenvoudige woordeskat en is ideaal vir beginnerlesers (ouderdomme 7 tot 10).
Crazy speurder. Snaakse speurder Crazy speurder. Snaakse speurder

Автор: СтаВл Зосимов Премудрословски

Год издания: 

In Engeland is daar ’n speurder, Sherlock Holmes en Dr. Watson; In Europa – Hercule Poirot and Hastings; in die VSA, Niro Wolfe en Archie Goodwin.En hier, die Russe, is dit die distrik-generaal Klop en sy nare assistent, korporaal, Incifalapat.Saam sal hulle mekaar nie sien nie, maar dit verhinder hulle nie om kriminele sake te ondersoek nie…Hierdie roman is deur Putin gehou.# Alle regte voorbehou.

Die straatspeurders: Sink of swem Die straatspeurders: Sink of swem

Автор: Janis Ford

Год издания: 

Die Straatspeurders is terug! Hierdie keer moet Vuyo en sy vriende, Victor, Sizwe en Tembile ’n bende skurke uitoorle wat boot-eienaars in Houtbaai-hawe afpers deur hulle boot op te blaas as hulle nie toegee aan hulle eise vir geld nie. Die aksie neem Sizwe na die oop see, maar hy kan nie swem nie! Gelukkig help ’n vriend hom om na veiligheid te stuur en hy word gered. Intussen het die polisie die skurke gevang en die Straatspeurders is weer eens die helde van die gemeenskap. Die sewende boek in die opwindende Die Straatspeurders-reeks

Trompie die speurder (#6) Trompie die speurder (#6)

Автор: Topsy Smith

Год издания: 

Die eindeksamen is naby, maar Trompie is nie lus om te leer nie – hy gaan swem eerder elke middag in die dam. Wanneer hy hoor daar is fietsdiewe op sy tuisdorp, weet die Boksombende se Grootkaptein sommer dadelik waar hulle die gesteelde goedere wegsteek – in een van die grotte bo teen die berg. Trompie en Rooie kom op die skelms af terwyl hulle die fietse op ’n vragmotor laai. Ons held stuur sy maat om die polisie te gaan haal, maar dan vat die diewe die pad en hy klim agterop hul vragmotor. Na ’n lang rit beland hy in ’n Johannesburgse agterbuurt en moet vir sy lewe vlug. Sal Trompie die kanniedood hierdie gevaarlike avontuur oorleef sodat hy weer saam met sy manskappe onder die blou hemel kan vergader?

Speurder Kwaaikofski 1: Die kougomstrik Speurder Kwaaikofski 1: Die kougomstrik

Автор: Jurgen Banscherus

Год издания: 

Kwaaikofski is ‘n 9jarige seun met ‘n avontuurlike stokperdjie: Hy is ’n amateur-speurder. Hy kou altyd kougom , want dit help hom dink. Hy haal ook NOOIT sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy! Sy eerste speursaak is ’n moeilike een: Waarom op aarde verdwyn sy gunsteling-kougom uit Olgo se winkel? Het daai simpel vent, Slang, dalk iets daarmee te doen? Een ding is seker: Speurder Kwaaikofski gaan uitvind!
Die intriges is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!

Speurder Kwaaikofski 2: Die geheim van die vlieende koei Speurder Kwaaikofski 2: Die geheim van die vlieende koei

Автор: Jurgen Banscherus

Год издания: 

Hierdie keer is Kwaaikofski in die platteland, maar dit is alles behalwe ’n vakansie! Die dorpie waar hy gaan kuier het ‘n goeie speurder dringend nodig. Met sy aankoms gewaar hy ’n vreemde, blou rubberkoei wat deur die lug vlieg. En later vind Kwaaikofski ’n harige koeistert in sy bed, saam met twee lang, bleek bene! Iemand probeer hom beslis die skrik op die lyf jaag . . . Gelukkig sorg die mooi meisie, Julie, dat die lewe tussen koeie, trekkers en gruwelike skurke darem nie te ondraaglik raak nie.