Скачать книгу - Trompie die speurder (#6)



Die eindeksamen is naby, maar Trompie is nie lus om te leer nie – hy gaan swem eerder elke middag in die dam. Wanneer hy hoor daar is fietsdiewe op sy tuisdorp, weet die Boksombende se Grootkaptein sommer dadelik waar hulle die gesteelde goedere wegsteek – in een van die grotte bo teen die berg. Trompie en Rooie kom op die skelms af terwyl hulle die fietse op ’n vragmotor laai. Ons held stuur sy maat om die polisie te gaan haal, maar dan vat die diewe die pad en hy klim agterop hul vragmotor. Na ’n lang rit beland hy in ’n Johannesburgse agterbuurt en moet vir sy lewe vlug. Sal Trompie die kanniedood hierdie gevaarlike avontuur oorleef sodat hy weer saam met sy manskappe onder die blou hemel kan vergader?


Crazy speurder. Snaakse speurder Crazy speurder. Snaakse speurder

Автор: СтаВл Зосимов Премудрословски

Год издания: 

In Engeland is daar ’n speurder, Sherlock Holmes en Dr. Watson; In Europa – Hercule Poirot and Hastings; in die VSA, Niro Wolfe en Archie Goodwin.En hier, die Russe, is dit die distrik-generaal Klop en sy nare assistent, korporaal, Incifalapat.Saam sal hulle mekaar nie sien nie, maar dit verhinder hulle nie om kriminele sake te ondersoek nie…Hierdie roman is deur Putin gehou.# Alle regte voorbehou.


Die straatspeurders: Sink of swem Die straatspeurders: Sink of swem

Автор: Janis Ford

Год издания: 

Die Straatspeurders is terug! Hierdie keer moet Vuyo en sy vriende, Victor, Sizwe en Tembile ’n bende skurke uitoorle wat boot-eienaars in Houtbaai-hawe afpers deur hulle boot op te blaas as hulle nie toegee aan hulle eise vir geld nie. Die aksie neem Sizwe na die oop see, maar hy kan nie swem nie! Gelukkig help ’n vriend hom om na veiligheid te stuur en hy word gered. Intussen het die polisie die skurke gevang en die Straatspeurders is weer eens die helde van die gemeenskap. Die sewende boek in die opwindende Die Straatspeurders-reeks


Trompie die kaptein (#22) Trompie die kaptein (#22)

Автор: Topsy Smith

Год издания: 

Trompie-hulle gaan speel in die kloof en ’n nuwe vriend, Asjas, val en sit vas. Terwyl hulle hom probeer red, ontdek hulle in die grot ’n historiese rotstekening. Die rugbyseisoen breek aan en die Boksombende speel vir plekke in ’n provinsiale span, maar dit gaan broekskeur . . . totdat hulle almal verras in ’n plaaslike wedstryd.


Trompie die rebel (#17) Trompie die rebel (#17)

Автор: Topsy Smith

Год издания: 

Trompie bring ’n brulpadda skool toe en sake ruk hand-uit wanneer ’n nuwe onderwyseres skoon flou val van skok. Gelukkig vir die sproetgesig is die skoolhoof nie op die oomblik in Kwaggaberg nie. Die Boksombende se Grootkaptein is jaloers wanneer Katrien, die meisie wat langs hom bly, ’n brief van ’n geheime bewonderaar in hul klas kry. Dit is nie lank voor Trompie uitvind wie so beenaf op haar is nie en dan gaan hy uit sy pad om die lewe vir die kerel moeilik te maak. Ons held besluit hy moet ’n nuwe blaadjie omslaan en ’n beter mens word. Sy bendelede is nie juis beindruk met hierdie nuwe gier nie, maar Trompie doen sy bes om sy medemens te help. Hy hoor by ’n vriend wat in die koshuis is dat die kinders nie naastenby genoeg kos daar kry nie en ontferm hom dadelik oor hulle. Die daaropvolgende eetstaking wat Trompie reel, het verreikende gevolge!


Trompie die reisiger (#21) Trompie die reisiger (#21)

Автор: Topsy Smith

Год издания: 

Trompie beland in groot moeilikheid as hy ’n nuwe mikstok vir sy kettie wil maak en ’n saag uit sy pa se verbode werkskamer gaan gaps. Maar dan skryf hy in vir ’n kompetisie van ’n koejawelfabriek wat ’n “tipiese Suid-Afrikaanse seun” soek. Die prys vir die wenner en ’n maat van sy keuse, is ’n reis in ’n vliegtuig na Kaapstad en Durban, met boonop nog ekstra sakgeld ook! Die vraag is net: sal Trompie ooit as die wenner gekies word, en as hy wen, watter een van sy maats moet hy kies om saam te neem op hierdie wonderlike reis?