Krisis op Keurboslaan #10
Автор: Theunis Krogh
Год издания: 0000
Brian Spaulding, die skool se stoutse senior en die nuwe hoofseun, en Morrie Alberts, word as gevolg van ’n misverstand tydens ’n oorsese musiektoer by ’n lughawe in Wes-Afrika aangehou. Die owerheid beskuldig hulle van moord en die seuns beland in die tronk waar hulle in aaklige omstandighede moet veg om te oorleef. Gelukkig is een van Keurboslaan se oud-onderwysers, meneer Hortmanshof, as sendeling in die land betrokke en kan hy doktor Serfontein dadelik laat weet wat gebeur het. Om ’n internasionale insident te voorkom, besluit die hoof om self die seuns te gaan haal. Josef is sy bekwame vliegtuigloods.
Raaisels op Keurboslaan #5
Автор: Theunis Krogh
Год издания:
Fanie Niewenhuys en sy vriende vorm ’n onnutsige en berugte bende seuns in die Keurboslaan kosskool. Hulle is ook maats met die hoof se negejarige niggie Tessa, en wanneer hulle vir ’n tingerige en irriterende seun, Gawie Jonker, ’n streep trek, het Gawie se ma, die aaklige mevrou Jonker, uiteindelik verskoning om met Keurboslaan en doktor Serfontein slaags te raak. Sy beraam planne om doktor Serfontein se geliefde perd, Towenaar, te laat skiet en dreig selfs om die pragtige bome in die laning voor die skool af te kap. Doktor Serfontein en die leerders probeer alles om dit te keer . . .
Misverstand op Keurboslaan #9
Автор: Theunis Krogh
Год издания:
Wanneer Riek en sy vriende lughawe toe gaan om vir Josef, wat terugkeer van Engeland, te gaan oplaai, loop hulle hulle vas in ’n avontuur. Hulle red twee Britse vlieeniers van ’n oproerige skare. Riek besluit om die twee mans tydelik op hulle plaas in Swaziland weg te steek. Josef daag met ’n vreemde meisie aan sy sy op en kondig aan dat hy kastig aan haar verloof is. Hy wil Amanda intussen ook na die plaas neem. Wat die seuns egter nie weet nie is dat daar politieke onrus in Mosambiek uitgebreek het en dat dit oorgespoel het na Swaziland. ’n Bende Mosambiekse krygers val die plaas aan en ’n spanningsvolle skietgeveg breek uit.
Die hoof van Keurboslaan #2
Автор: Theunis Krogh
Год издания:
Die nuwe skooljaar op Keurboslaan bring gerugte van ’n gemaskerde rower, bekend as Jan Fiskaal, wat die omgewing terroriseer. Dr Serfontein doen sy bes om te help om die rower vas te trek, veral om die invloed wat dit op die verbeelding van die avontuurlustige skoolseuns het, te bekamp. Daar is heelwat nuwe leerlinge by die skool, ook Flip, ’n seun wat van die huis weggeloop het en met iemand anders se naam by die skool aansluit. Eugene Krynauw, nou sestien jaar oud, en sy vriende is ook pal in die moeilikheid.