Скачать книгу - Misverstand op Keurboslaan #9



Wanneer Riek en sy vriende lughawe toe gaan om vir Josef, wat terugkeer van Engeland, te gaan oplaai, loop hulle hulle vas in ’n avontuur. Hulle red twee Britse vlieeniers van ’n oproerige skare. Riek besluit om die twee mans tydelik op hulle plaas in Swaziland weg te steek. Josef daag met ’n vreemde meisie aan sy sy op en kondig aan dat hy kastig aan haar verloof is. Hy wil Amanda intussen ook na die plaas neem. Wat die seuns egter nie weet nie is dat daar politieke onrus in Mosambiek uitgebreek het en dat dit oorgespoel het na Swaziland. ’n Bende Mosambiekse krygers val die plaas aan en ’n spanningsvolle skietgeveg breek uit.


Al is die maan 'n misverstand Al is die maan 'n misverstand

Автор: Danie Marais

Год издания: 

Waar sy debuut hoofsaaklik handel oor die verbrokkeling van ’n huwelik in Duitsland – sy “break-up album” – is Al is die maan ’n misverstand ’n tuiskoms, nie net op eie bodem nie, maar ook in ’n nuwe verhouding. Tog is Marais se poesie allermins geluksalig – verlorendheid is steeds die gevoel wat sy digterlike instink onderle. Hier is praatverse, verse wat doelbewus ingeskryf is teen die gedrae en verhewe metriese trant wat tradisioneel die Afrikaanse poesie kenmerk. Soos die poesie van Raymond Carver is dit verse wat klink soos ’n intieme gesprek, verse wat die indruk laat dat dit omgee vir almal van ons se verlangens en verlorenthede. Die subtiele krag van Marais se poesie le in die wyse waarop dit as’t ware die leser se vinger neem om die teksture van gevoel na te trek. Met sy debuut het hy die onweerstaanbaarheid van hierdie tegniek gevestig en in sy tweede bundel voer hy dit tot nog oorrompelender uiterstes.


Raaisels op Keurboslaan #5 Raaisels op Keurboslaan #5

Автор: Theunis Krogh

Год издания: 

Fanie Niewenhuys en sy vriende vorm ’n onnutsige en berugte bende seuns in die Keurboslaan kosskool. Hulle is ook maats met die hoof se negejarige niggie Tessa, en wanneer hulle vir ’n tingerige en irriterende seun, Gawie Jonker, ’n streep trek, het Gawie se ma, die aaklige mevrou Jonker, uiteindelik verskoning om met Keurboslaan en doktor Serfontein slaags te raak. Sy beraam planne om doktor Serfontein se geliefde perd, Towenaar, te laat skiet en dreig selfs om die pragtige bome in die laning voor die skool af te kap. Doktor Serfontein en die leerders probeer alles om dit te keer . . .


Krisis op Keurboslaan #10 Krisis op Keurboslaan #10

Автор: Theunis Krogh

Год издания: 

Brian Spaulding, die skool se stoutse senior en die nuwe hoofseun, en Morrie Alberts, word as gevolg van ’n misverstand tydens ’n oorsese musiektoer by ’n lughawe in Wes-Afrika aangehou. Die owerheid beskuldig hulle van moord en die seuns beland in die tronk waar hulle in aaklige omstandighede moet veg om te oorleef. Gelukkig is een van Keurboslaan se oud-onderwysers, meneer Hortmanshof, as sendeling in die land betrokke en kan hy doktor Serfontein dadelik laat weet wat gebeur het. Om ’n internasionale insident te voorkom, besluit die hoof om self die seuns te gaan haal. Josef is sy bekwame vliegtuigloods.


Die hoof van Keurboslaan #2 Die hoof van Keurboslaan #2

Автор: Theunis Krogh

Год издания: 

Die nuwe skooljaar op Keurboslaan bring gerugte van ’n gemaskerde rower, bekend as Jan Fiskaal, wat die omgewing terroriseer. Dr Serfontein doen sy bes om te help om die rower vas te trek, veral om die invloed wat dit op die verbeelding van die avontuurlustige skoolseuns het, te bekamp. Daar is heelwat nuwe leerlinge by die skool, ook Flip, ’n seun wat van die huis weggeloop het en met iemand anders se naam by die skool aansluit. Eugene Krynauw, nou sestien jaar oud, en sy vriende is ook pal in die moeilikheid.


Nuwelinge op Keurboslaan #3 Nuwelinge op Keurboslaan #3

Автор: Theunis Krogh

Год издания: 

Die veranderinge wat Dr Serfontein op Keurboslaan teweegbring maak dit ’n gesogte seunsskool, maar ook ’n plek waar seuns met probleme hulp kan kry. Wentzel Elzenach is ’n geestelik- en liggaamlik verwaarloosde weeskind en Krynauw, die skool se gewilde onderhoofseun, moet help om hierdie eienaardige nuweling tuis te laat voel. Tessa, die hoof se vyfjarige niggie, kom woon op Keurboslaan en die slim en onverskrokke meisiekind se teenwoordigheid krap heelwat mense se kaarte deurmekaar.