Найти книгу: "Eramaan halki"


Eramaan halki Eramaan halki

Автор: Генрик Сенкевич

Год издания: 0000

Eramaan kutsu Eramaan kutsu

Автор: Джек Лондон

Год издания: 


Chalkidiki Reisefuhrer Michael Muller Verlag Chalkidiki Reisefuhrer Michael Muller Verlag

Автор: Andreas Neumeier

Год издания: 


Schalkie van Wyk Keur 6 Schalkie van Wyk Keur 6

Автор: Schalkie van Wyk

Год издания: 

In Die kroonprins van Kaiserburg loop Gretha Wolmarans op Blumenstrauss ’n aantreklike vreemdling raak, en sy raak op hom verlief. Maar Friedrich Falkenstein is nog nie gereed om sy hart vir liefde oop te maak nie, want hoe kan hy ’n meisie sy liefde bied as hy steeds ’n “optelkind” is wat nie weet wie sy ouers is nie? Aan die einde van die reenboog vertel die opwindende verhaal van Annemarie de Villiers, welgestelde Boeremeisie uit die Kaapkolonie, wat die onstuimige Boererepublieke besoek om haar vermiste broer te probeer opspoor. Sy raak betrokke by ’n “Engelse offisier” . . . maar is hy wie hy voorgee om te wees? In Kammaland van liefde begin Leonie van Breda ’n nuwe lewe op Heidedal, in tant Heidi se imposante woning. Sy probeer van haar verlede ontsnap, maar hier ontmoet sy drie mense wat haar toekoms in die holtes van hul hande hou.

Schalkie van Wyk Keur 7 Schalkie van Wyk Keur 7

Автор: Schalkie van Wyk

Год издания: 

In Bloeisels in die wind ontmoet Sonja die aantreklike Arno Landman. Maar hoe ken haar ouma Hannah die man, en hoekom reageer sy so geskok op die blote noem van sy naam? Spoedig leer Sonja dat dit nie net jong mense is wat gekasty word deur die pyn van die liefde nie. In Winter van heimwee word Hermien du Preez verwyt vir die dood van haar kleinboet Jacques. Die las kan Hermien nog dra, maar dan betrap sy haar stiefma in ’n warm omhelsing met ’n onbekende vreemdeling, terwyl haar vader weg is op ’n sakebesoek. Hermien ontdek dat die lewe oor jou kan loop… maar steeds veg jy vir dit wat jy wil he. En in Ongetemde hart spat Tanya se liefdesdroom aan skerwe toe dokter Johan Neethling sy verlowing aan Ansunette Raath bekend maak, terwyl Tanya altyd oortuig was hy is aan haar getrou. Sy vlug na Silwersee om van die skok te herstel. Hier ontmoet sy die welvarende sakeman Bernard Zandberg, ’n vriend van Johan. Net toe dit lyk of hulle mekaar begin vind, verskyn die beeldskone Zania de Necker, Bernard se jeugliefde, op die toneel. Dan daag Johan ook op, vasbeslote om Tanya terug te wen…

Schalkie van Wyk Keur 5 Schalkie van Wyk Keur 5

Автор: Schalkie van Wyk

Год издания: 

Anderkant more wag geluk: ‘n Vakansie op haar oom se wynplaas is net wat Nicky le Riche nodig het om van haar hartseer te vergeet en helderheid te kry oor dr Erich de Lange, wat al so lank met haar wil trou. Sy aanvaar ‘n pos as privaatverpleegster vir tant Monica Volkema en wanneer Reinder haar kom oplaai plaas toe, ontketen sy onwetend ‘n hele kettingreaksie van afguns, konkelary en misverstand. Lise Kirsten se geaardheid bring sonskyn aan al die inwoners van Heimat – almal behalwe die hovaardige en verwaande Herman Raubenheimer. Terwyl Lise die verpleegster vir tant Renate is, en Deidre se kameraad, is sy vir Herman niks meer as ‘n arm verpleegster wat haar suster se foute moet regmaak nie. Dis net oom Jopie wat sien dat die Son van liefde wil-wil deurbreek in hulle verhouding. In ‘n Bruid vir Eduard lyk Liesel Botha se toekoms rooskleurig wanneer Martin Eloff haar vir ‘n naweek Durban toe nooi. Maar gou kom sy agter dat hy minder edele bedoelings het. Gelukkig is daar ’n lang, donker vreemdeling daar wat tot haar redding sal kom – of gaan hy?