|
In Bloeisels in die wind ontmoet Sonja die aantreklike Arno Landman. Maar hoe ken haar ouma Hannah die man, en hoekom reageer sy so geskok op die blote noem van sy naam? Spoedig leer Sonja dat dit nie net jong mense is wat gekasty word deur die pyn van die liefde nie. In Winter van heimwee word Hermien du Preez verwyt vir die dood van haar kleinboet Jacques. Die las kan Hermien nog dra, maar dan betrap sy haar stiefma in ’n warm omhelsing met ’n onbekende vreemdeling, terwyl haar vader weg is op ’n sakebesoek. Hermien ontdek dat die lewe oor jou kan loop… maar steeds veg jy vir dit wat jy wil he. En in Ongetemde hart spat Tanya se liefdesdroom aan skerwe toe dokter Johan Neethling sy verlowing aan Ansunette Raath bekend maak, terwyl Tanya altyd oortuig was hy is aan haar getrou. Sy vlug na Silwersee om van die skok te herstel. Hier ontmoet sy die welvarende sakeman Bernard Zandberg, ’n vriend van Johan. Net toe dit lyk of hulle mekaar begin vind, verskyn die beeldskone Zania de Necker, Bernard se jeugliefde, op die toneel. Dan daag Johan ook op, vasbeslote om Tanya terug te wen… Получить ссылку |
Schalkie van Wyk Keur 6
Автор: Schalkie van Wyk
Год издания:
In Die kroonprins van Kaiserburg loop Gretha Wolmarans op Blumenstrauss ’n aantreklike vreemdling raak, en sy raak op hom verlief. Maar Friedrich Falkenstein is nog nie gereed om sy hart vir liefde oop te maak nie, want hoe kan hy ’n meisie sy liefde bied as hy steeds ’n “optelkind” is wat nie weet wie sy ouers is nie? Aan die einde van die reenboog vertel die opwindende verhaal van Annemarie de Villiers, welgestelde Boeremeisie uit die Kaapkolonie, wat die onstuimige Boererepublieke besoek om haar vermiste broer te probeer opspoor. Sy raak betrokke by ’n “Engelse offisier” . . . maar is hy wie hy voorgee om te wees? In Kammaland van liefde begin Leonie van Breda ’n nuwe lewe op Heidedal, in tant Heidi se imposante woning. Sy probeer van haar verlede ontsnap, maar hier ontmoet sy drie mense wat haar toekoms in die holtes van hul hande hou.
Schalkie van Wyk Keur 5
Автор: Schalkie van Wyk
Год издания:
Anderkant more wag geluk: ‘n Vakansie op haar oom se wynplaas is net wat Nicky le Riche nodig het om van haar hartseer te vergeet en helderheid te kry oor dr Erich de Lange, wat al so lank met haar wil trou. Sy aanvaar ‘n pos as privaatverpleegster vir tant Monica Volkema en wanneer Reinder haar kom oplaai plaas toe, ontketen sy onwetend ‘n hele kettingreaksie van afguns, konkelary en misverstand. Lise Kirsten se geaardheid bring sonskyn aan al die inwoners van Heimat – almal behalwe die hovaardige en verwaande Herman Raubenheimer. Terwyl Lise die verpleegster vir tant Renate is, en Deidre se kameraad, is sy vir Herman niks meer as ‘n arm verpleegster wat haar suster se foute moet regmaak nie. Dis net oom Jopie wat sien dat die Son van liefde wil-wil deurbreek in hulle verhouding. In ‘n Bruid vir Eduard lyk Liesel Botha se toekoms rooskleurig wanneer Martin Eloff haar vir ‘n naweek Durban toe nooi. Maar gou kom sy agter dat hy minder edele bedoelings het. Gelukkig is daar ’n lang, donker vreemdeling daar wat tot haar redding sal kom – of gaan hy?
Schalkie van Wyk Keur 8
Автор: Schalkie van Wyk
Год издания:
In Eiland van geheime beland kinderoppasser Marne op Flaminke-eiland. Dis ’n eiland vol tergende geheime, maar ook liefdesmoontlikhede, want sy moet kies tussen twee interessante mans.In Reenboog van jou hart is Lanja ontnugter deur die liefde. Dan ontmoet sy die skugter argitek Rosseau, en hulle word dadelik vriende. Maar wat voer sy besonder aantreklike broer, Benno, in die mou? Is hy die gewetenlose rokjagter wat almal se hy is? En in Bittersoet verlange dring Leandri se ryk ouma daarop aan dat sy verloof moet raak aan hul huisvriend Mauritz. Maar Leandri vermoed hy’s eintlik verlief op haar vriendin Anina. Net toe kom ’n geheimsinnige vreemdeling by hul huis aan .
Schalkie van Wyk Keur 9
Автор: Schalkie van Wyk
Год издания:
Die verhale in hierdie omnibus is: Drome van liefde: Rondom die verbreking van Sanet se verlowing met Nardus is daar ’n donker geheim wat sy tot elke prys wil bewaar. Sy sal nooit weer ’n ernstige verhouding met enige man aanknoop nie. Toe sy dus agterkom dat haar baas en beste vriend, Tertius, ernstig voel oor haar, besluit sy om te vlug. Erens is daar liefde: Lara en Wiehahn se paaie kruis keer op keer. Maar waarom wil hy nie vir haar se wat sy van is nie? En wat wil hy van haar he as hy so seker is dat die liefde en die huwelik net ’n bedrogspul is? Vlam van verlange: Carli van Eeden is op twee-en-twintig die enigste erfgenaam van die Van Eeden-miljoene. Maar moet sy met buurseun Vincent trou of sal sy by Meyer, ’n eenvoudige motorwerktuigkundige, haar sprokiesliefde vind? Dit blyk egter dat Meyer geheime met hom saamdra.
Schalkie van Wyk Keur 10
Автор: Schalkie van Wyk
Год издания:
In Die grondbaron koop Erika Marais en haar kunstenaarbroer, Henno, die pragstuk van ’n huis, Drie Eike, op hul tuisdorp van weleer met die oog daarop om ’n losieshuis daarvan te maak. Hulle het egter skaars daar ingetrek, of dit blyk dat die verkoper, Riaan van Vollenhoven, se broer, Wilhelm, eintlik die eerste opsie op die huis het. Maar tot tyd en wyl Riaan hulle geld terugbetaal, het Erika-hulle geen ander heenkome nie en sy bly aan as ’n soort van ’n huishoudster. Erika moet toesien hoe Minette du Toit en Amalia Davel hul flikkers by die hoogs hubare Wilhelm gooi . . . In Somer van betowering leer ken ons ’n stinkryk heks met ’n hart van goud, ’n potjierol-kluisenaar met die empatie van ’n reus, ’n beeldskone meisie met die liefde van ’n vrou, en die man van haar drome met ’n hart vol vyandigheid. Dit is die boeiende verhaal van Elbie de Villiers se liefde vir haar ouer suster se kleintydmaat, Luan Stegmann, en sy weiering om dit te glo, totdat dit byna te laat is. Dit neem die leser mee op ’n reis wat vertel van onselfsugtigheid, alleenliefde, waagmoed – en uiteindelik: betowering. En in Meisie in die reen besef Marli Conradie, toe sy na tien jaar weer vir Hilgard Geldenhuys sien, dat haar tienerliefde vir die man voor wie sy grootgeword het, in die dieper liefde van ’n vrou verander het. Daarmee saam weet sy egter ook dat haar liefde wense in die wind is, want Hilgard behandel haar steeds soos sy klein “asjas” wat hy teen die lewe moet beskerm. Hulle keer saam terug na Groeneweide, waar die wyse, warme tant Alma Marli onder haar vlerk neem – veral toe Marli uitvind dat die flerriemerrie van ’n Ulricke Starck haar verleidelike net wyd gespan het vir Hilgard.
Чтобы скачать книгу, отключите блокировку рекламы. Спасибо!