Скачать книгу - Sondag



Sondag. Oukersaand. Na ’n inbraak by die Stables Estate in Pretoria-Oos word bekende sakeman Lafras van Zyl vir dood agtergelaat. Die res van die Van Zyl-gesin verdwyn spoorloos: Katerien van Zyl, vryduiker met ’n Amerikaanse paspoort, en ook haar kinders Willem en Cath. Na ses weke is daar nog geen leidrade nie, en kaptein AJ Williams van die Brooklyn-speurtak moet inspring om te help. Joernalis Alex Derksen en fotograaf Ranna Abramson is op die spoor van die sewentienjarige Martina Buitendag, van Stilfontein. Sy het in Johannesburg vermis geraak en die enigste leidrade oor waar sy haar bevind is ’n verslete tas met R20 000 kontant en ’n handvol foto’s. Twee misdade. Talle sondes. Meer vrae as antwoorde.


Sondag van die silwersee Sondag van die silwersee

Автор: Maretha Maartens

Год издания: 

Farah Olivier aanvaar ’n pos as kuns- en dansonderwyseres by ’n privaatskool in Somerset-Wes, maar wanneer sy aanmeld, is daar nie ’n mens in sig nie. Want die skool was net ‘n verneukspul. Vyf dae later weet die 22-jarige Farah hoe dit voel om die ma van twee tieners en ’n laatlam te wees. Sy moes noodgedwonge die pos as au pair vat. Maar Farah voel self nog kind. Padgee is egter nie ’n opsie nie. As dit nie vir haar buurman se seun, Alexander Meiring was nie, sou sy verlore wees. Sy is heel tevrede met die stand van sake – tot die Sondag saam met Alexander en die kinders teen ’n silwer see . . .


Sondag op 'n voelplaas Sondag op 'n voelplaas

Автор: Johann Nell

Год издания: 

Hy wou wegkom. Kleintyd al.
Weg van daardie volstruisplaas waarop hy grootgeword het. Weg van al die boersheid en kleindorpse benepenheid. Weg van ’n pa wat dreig om hom vas te spyker aan ’n stuk dorre aarde sodat hy dit nooit kan verlaat nie. Weg van daai voels!
En hy het ook weggekom. Vir goed.
Maar . . .
Wat?
Hy kan nie presies se nie, maar dis asof ’n reuse-golf hom op ’n dag tref – absoluut uit die bloute – en toe hy daarna om asem le en spartel, is dit asof hy vanuit die yskoue dieptes opkom na die helder wete dat hy moet terug. Hy moet terug na daardie plasie en daardie tyd waarvan hy so naarstig wou wegkom. En hy moet terug na ’n plaasmeisie wat hom lank, lank gelede aan die hand geneem en ’n donker spelonk binnegelei het, hom nader en nader gebring het aan die onnoembare duisternis van haar geheim.
Sondag op ’n voelplaas is ’n heerlike en holderstebolder indompeling in die raaisels van die lewe, maar dit is ook ’n diepsnydende ondersoek na manlike identiteit en die wyse waarop dit deur ’n plaasverlede gevoed word.


Geloof anderkant Sondag Geloof anderkant Sondag

Автор: Julian Muller

Год издания: 

'n Groeiende groep gelowiges bevind hulle vandag buite die kerk. Hulle noem hulself nog Christene, maar sukkel om met die georganiseerde godsdiens te identifiseer. Ander is steeds tuis in die kerk, maar verlang na nuwe maniere van praat oor geloof. Die boek is vir hierdie soekendes.
Die bekende teoloog Julian Muller onderskei tussen wat hy 'n Sondag-geloof noem en «geloof anderkant Sondag». Waar 'n Sondag-geloof die veiligheid van duidelike reels en vaste kerklike gebruike bied, laat geloof anderkant Sondag ruimte vir onsekerheid en vertwyfeling. Dit maak erns met die geloofsvrae waarmee mense worstel sonder om te oorvereenvoudig.
Muller gebruik sy eie vrae as vertrekpunt en neem treffende voorbeelde uit sy eie lewe om te wys dat daar wel anderkant Sondag geglo kan word.