Скачать книгу - Versamelde werk: Sheila Cussons



Sheila Cussons (1922 – 2004) het bykans 'n duisend gepubliseerde gedigte in Afrikaans geskryf. Gestaltes 1947 is ingesluit in hierdie werk en daarin gee sy op liriese wyse uiting aan die geesteswereld van die fantasieryke kind, wat met verwondering kennis neem van die wereld en veral sy natuur en veelvuldige bewoners, werklik en verbeeld. So gee sy gestalte aan haar innerlike, met die eindelik besef dat werklik onthou onmoontlik is en dat die mens deel vorm van die groot onthou, slegs een klein bewussyn in die groot geheue. Hierdie prosa gee aanduiding van Cussons se kreatiewe gebruik van die sintuie en verbeelding, wat met poetiese taal weergegee word.


Sheilah McLeod: A Heroine of the Back Blocks Sheilah McLeod: A Heroine of the Back Blocks

Автор: Boothby Guy

Год издания: 



Sheila McLeod Sheila McLeod

Автор: Guy Boothby

Год издания: 



Ingrid Jonker Versamelde Werke Ingrid Jonker Versamelde Werke

Автор: Ingrid Jonker

Год издания: 

Hierdie gewilde en bekende digter se Versamelde Werke sluit in al haar gepubliseerde gedigte (bundels: Ontvlugting, Rook en oker, Kantelson) sowel as jeugwerk, vertalings deur haar, fragmente en opdragte, ’n drama, en haar kortverhale. Dit sluit ook in ’n oorsig van haar lewe en werk deur Jack Cope: “A Crown of Wild Olive”. Ten tyde van Ingrid Jonker se selfmoord, toe sy haar in die nag van 18 op 19 Julie 1965 verdrink het in die see by Drieankerbaai, Kaapstad, was sy een en dertig jaar oud. Daar het toe nog slegs twee digbundels van haar verskyn: ’n jeugwerk, Ontvlugting (1956), en, na vele vertragings, die veel geprese en bekroonde Rook en Oker in 1963. Na haar dood is ’n derde bundel, Kantelson, uitgegee. Verskeie uitgawes van haar Versamelde Werke (wat ook ongepubliseeerde gedigte, ’n drama en haar kortverhale insluit) het sedert 1975 verskyn, en Human & Rousseau se 1994-uitgawe word gereeld herdruk.
Ingrid Jonker se nalatenskap is klein maar betekenisvol, en het ’n groot invloed op die Afrikaanse digkuns en kultuur gehad. In die dekades sedert haar dood het sy ’n kultusfiguur geword, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Nederland. Van haar gedigte is reeds in meer as twaalf tale vertaal. ’n Versameling gedigte in Engels vertaal deur Jack Cope en William Plomer met die hulp van Laurens van der Post is in Brittanje en Suid-Afrika gepubliseer. In 2007 het ’n nuwe en meer volledige versameling gedigte in Engels verskyn, vertaal deur Antjie Krog en Andre Brink: Black Butterflies: Selected Poems. Daar is ook reeds verskeie films oor Ingrid Jonker se lewe vrygestel.


Versamelde poesie Versamelde poesie

Автор: D.J. Opperman

Год издания: 

"As ’n mens Diederik Johannes Opperman (1914-1985) se poesie met die van die Dertigers vergelyk, is dit opvallend dat hy van die begin af ’n veel minder belydende inslag toon en veel meer oopgestel is vir die Suid-Afrikaanse werklikheid in sy verskillende geledinge. Daarby groei sy poesie, ten spyte van hierdie aardsheid en konkreetheid, uit tot ’n stryd tussen die hemelse en aardse, tusssen die goeie en die bose en tussen orde en chaos, ’n gegewe waarmee die taak van die kunstenaar ten nouste saamhang. In vergelyking met Dertig is die poesie van Opperman veel afgekapter en kantiger en toon sy werk ’n radikale breuk met die “mooi” woord. ’n Mens sien dit in die formuleagtigheid en geslotenheid van die vers, die aanwending van die kortsluitende metafoor en die verruiming van die poetiese woordeskat."
J.C. Kannemeyer


Ingrid Jonker: Versamelde gedigte Ingrid Jonker: Versamelde gedigte

Автор: Ingrid Jonker

Год издания: 

Dit is moeilik om nie deur die kort, onstuimige lewe van Ingrid Jonker geruk en gefassineer te word nie. Die versoeking is dus groot om haar Versamelde gedigte, wat jeugwerk, Ontvlugting (1956), Rook en oker (1963) en die postuum gepubliseerde Kantelson (1966) insluit, deur die lens van haar veelbewoe biografie te bekyk. Dit sou egter dwaas wees om hierdie dikwels sjarmante en speelse verse slegs te ondersoek soos ’n nuuskierige forensiese sielkundige wat die literere beendere van ’n lewe fynkam vir bewyse van sensasie en waansin. Sinvoller sou wees om in gedagte te hou dat Jonker aanvanklik betower het met haar digkuns en nie met haar politieke instellings of omstrede lewe nie. Lees Ingrid Jonker onbevange en jy word opnuut bekoor deur ’n onmiskenbare helder stem wat met kinderlike verwondering en ontsteltenis sing en huil van onskuld, skoonheid en verskrikking in gedigte wat goel met die aansteeklike en bedrieglike eenvoud van ’n kleuterrympie, maar spook soos duister voorbodes. Lees “Toemaar die donker man” weer met ’n oop gemoed en jy besef hoekom Jonker se woorde ongeag die psigodrama van haar lewe en dood aanhou eggo. Dit kom na jou soos ’n klassieke wiegelied waarin die troos van moederliefde net so waar en teenwoordig is as die oneindige nag daarbuite. Die verse in Versamelde gedigte is die steeds lewende, ademende bewys dat beduidende kunstenaars skep ten spyte van verlies, trauma en geestesongesteldheid en nie gewoon as direkte gevolg daarvan nie – anders sou goeie poesie so volop soos trane gewees het. – Danie Marais