Скачать книгу - Versamelde werk: Sheila Cussons


Sheila Cussons (1922 – 2004) het bykans 'n duisend gepubliseerde gedigte in Afrikaans geskryf. Gestaltes 1947 is ingesluit in hierdie werk en daarin gee sy op liriese wyse uiting aan die geesteswereld van die fantasieryke kind, wat met verwondering kennis neem van die wereld en veral sy natuur en veelvuldige bewoners, werklik en verbeeld. So gee sy gestalte aan haar innerlike, met die eindelik besef dat werklik onthou onmoontlik is en dat die mens deel vorm van die groot onthou, slegs een klein bewussyn in die groot geheue. Hierdie prosa gee aanduiding van Cussons se kreatiewe gebruik van die sintuie en verbeelding, wat met poetiese taal weergegee word.