Скачать книгу - Vir ewig en altyd saam



“Vergewe my Here as ek haar te lief het, te lief het om haar te laat gaan.” Danny Fourie en Adri-Louise van Renen, het mekaar laat in hul lewe ontmoet en lief geraak vir mekaar. Kort na hulle verlowing word Adri-Louise geopereer vir ’n gebarste blindederm, net om agter te kom sy is ernstig siek met kanker. Sy bied aan om die verlowing te verbreek, maar Danny hou vol: Ons sal saam wees, nou en vir altyd. ’n Ware verhaal van merkwaardige liefde in die skadu van die dood.


Altyd die verkeerde man Altyd die verkeerde man

Автор: Elsa Hamersma

Год издания: 

Ebbie Basson se hart is gebreek; haar jarelange verhouding het pas verbrokkel. Daarom gryp sy die geleentheid aan om ’n gholflandgoed wat op Kransbaai aan die Weskus ontwikkel gaan word, te bemark en te verkoop. Want Eddie is ’n eiendomsagent wat sterk voel oor bewaring.Die ontwikkelaar is die charismatiese Liam Murray en kort voor lank voel Eddie aangetrokke tot hom. Hy het egter ’n reputasie as hartebreker. As Liam van moord aangekla word en Eddie die kontrak verloor om die Kransbaai-ontwikkeling te verkoop, begin dinge lelik skeefloop. En spoedig kom Eddie agter dat sy ook in hartebreker Liam se strik getrap het. Wat is dit dan met haar dat sy aanmekaar die verkeerde man kies?


Van altyd af Van altyd af

Автор: Elsa Winckler

Год издания: 

Cilla is ’n hoerskoolonderwyseres op die Overbergse dorp Caledon. Haar groot liefde is diere – perde in die besonder – en sy kan van kleins af met hulle kommunikeer. Toe Reynecke Retief se hings probleme gee, vra sy plaasbestuurder haar om te help uitvind wat die perd pla, maar dis gou vir haar duidelik dat Reynecke haar nie vertrou nie. Trouens, hy beskuldig haar daarvan dat sy sy perd wil toor, en haar intuitiewe benadering staan hom geensins aan nie. Maar sy diepblou oe en swart krulhare is vir haar vreeslik bekend. Het sy hom nie al iewers ontmoet nie? Langbeen, donkerkop Cilla krap terselfdertyd al Reynecke se vooropgestelde idees oor verhoudings en die lewe om. Daar is soveel hartseer in sy verlede . . . sal hy ooit teenoor homself kan erken dat Cilla van altyd af vir hom bedoel is?


Hospitaaltyd Hospitaaltyd

Автор: Francois Bloemhof

Год издания: 

Rudi is nou al twee keer deur iemand in ’n motor agtervolg. Daar is reeds drie kinders van sy skool deur ’n motor omgery en elke keer het die skuldige weggekom. Die eerste een wat omgery is, is Sune, sy meisie. Wat is haar verbintenis met die ander twee? En hoekom tree die kinders wat omgery is so anders op wanneer hulle uit die hospitaal kom? Min weet Rudi dat hy baie na aan die antwoorde op al sy vrae is, en lig gaan hy nie daarvan afkom nie . . .


Liefde is vir altyd Liefde is vir altyd

Автор: Daniel Johannes Louw

Год издания: 

Verloofdes wat gaan trou, kan dit in hul wittebroodtasse pak. Mense wat ’n permanente verbintenis aan mekaar gesweer het en opreg bedoel om toegewy aan mekaar te lewe, kan die boek gebruik om mekaar se lewens te verryk. Selfs na veertig of vyftig getroude jare kan ’n mens met so ’n boek weer die liefdesvlam hoog blaas en opgewonde raak oor nuwe moontlikhede vir die bou van verhoudings. Miskien voel jy soms onseker oor jouself en jy wonder of jou verhouding ooit gaan uitwerk. Dalk het jy indringende vrae oor seks en seksualiteit of selfs oor die aard van die liefde. Jy is dalk skepties oor jou maat se motiewe . . . Die Bybel wil mense se lewens verryk anderkant die begrensings van menslike potensiaal en kultuur. Die huwelik is ’n kuns van liefde en ’n guns van Gods genade. Wie ons in Christus is, en hoe ons dit aanwend om tot volwassenheid te groei en die lewe mooi en heel te maak, te bemagtig en te verryk – dit is wat liefde vir altyd laat voortleef.


Vir altyd Vir altyd

Автор: Francois Bloemhof

Год издания: 

As kinders was Hugo en Nina onskeidbaar – toe skei die noodlot hulle tog. Wanneer die volwasse Nina se romantiese droom verpletter word, is Hugo egter weer die een om haar by te staan. Maar hoe ’n goeie plan was dit om saam na Mauritius te gaan vir dit wat bedoel was om haar en ’n ander man se wittebrood te wees? En watter struikelblokke sal alles nog oorkom moet word voordat daardie gelukkige “vir altyd” moontlik is? Pad Na Jou Hart was ? suksesverhaal soos min, beide as rolprent en die boek wat dit voorafgegaan het. Nou maak dieselfde span weer so.