Скачать книгу - As die wiel draai



Toe die ryk Killians van Ebenhaeser bankrot verklaar word en eindelik hul erfgrond, Ebenhaeser, verloor, stort al Charlene se lugkastele vir haar toekoms in duie. Maar daar is hoop: Charlene en haar pa word gevra om na Ebenhaeser terug te keer. Die nuwe eienaar, Henk de Beer, eertydse bywonerseun, se vriendelike aanbod blyk egter nie so onskuldig te wees as wat dit wil voorkom nie.


Draairivier Draairivier

Автор: Engela Ovies

Год издания: 

Dis die jaar 1955 en Suzanna Jansen woon saam met haar pa, ma en broer Gert in ’n riethuisie op ’n plaas naby Kakamas. Dis die Kersvakansie voor Sanna se laaste skooljaar en deesdae kry sy vlinders in haar maag elke keer as sy die buurseun, Johannes, in een van die veekampe raakloop. En dan is daar Inge wat soos die slapende skoonheid gevangene is in die Groothuis. Engela Ovies se debuutroman, Draairivier, is ’n deernisvolle verhaal oor familie, vriendskap, liefde en vergifnis.


As die wind kom draai As die wind kom draai

Автор: Hans du Plessis

Год издания: 

Sy draai weg van sy speurende blik, en saam kyk hulle af op die dal wat voor hulle tussen die berge le. Die vroee son maak dit nog geler, maar dit is 'n sagte geel. Die lang gras buig biddend in die effense wind. In die kloof agter hulle fluit 'n fisant. Dit is 1844. Die pioniersplaas Skuilhoek, waar Vryheid en Magriet uitstaar oor die wuiwende veld, is drie uur te perd van Potchefstroom se skaars meer as twintig huise. Die wereld is ongetem en nuut; van reg en orde is daar nog kwalik sprake. Die twee jonges is ook salig onbewus daarvan dat dit juis die wette is wat vir 'n fatsoenlike gemeenskap moet sorg wat in die pad gaan staan van hul ontluikende liefde, en dat die grootste hindernisse op die weg van die hart in hul eie bloed le. Soos in sy roman Die pad na Skuilhoek loop Hans du Plessis met As die wind kom draai op die spore van die vroee Voortrekkers die onverkende tegemoet, en bring 'n verhaal wat soos 'n rosyntjiebos opspruit uit hierdie land se harde grond.


Eensaam op Wegdraai Eensaam op Wegdraai

Автор: Ena Murray

Год издания: 

’n Skaduwee skuif oor Bokkie en Tokkie se sorgelose kaalvoetlewe, waarin sokkerspel saam met die dorpseuns die hoogtepunt van pret is. En die rede? Ontluikende vroulikheid . . . ’n vloekwoord en blykbaar ’n ongeneeslike siekte. Dis veral juffrou Estelle Huizeman se arendsoog wat die dinge opmerk. Nog meer, daardie fyn oog bespeur ook die manlikheid van hul wewenaar-pa en skoolhoof, Henk Beukes. Die tweeling besef gou hulle sal ’n blink plan moet smee as hulle nie juffrou Huizeman as hul nuwe ma wil he nie. Want dis duidelik sy het haar visier ingestel op die aantreklike wewenaar van Jagershoek. Die oplossing: hulle soek eerder self ’n moeder so na hul hart. En die aangewese plek is Soek en Vind, tydskrifhoekie vir eensames. So word Eensaam op Wegdraai geskep – eensame, aantreklike wewenaar van sewe en dertig, op soek na ’n vrou wat raad kan gee met dertienjarige tweelingdogters. Al wat Bokkie en Tokkie nou moet doen, is om uit al die aansoeke die regte een te vind. Iemand wat ’n eie ma vir hulle kan wees. Want so ’n vrou sal tog hul pa se hart ook steel, of hoe?


'n Nooi vir Omdraaikrans 'n Nooi vir Omdraaikrans

Автор: Sarah du Pisanie

Год издания: 

Met ? slinkse slenterslag sorg Hilda Cronje dat haar vriendin Mariet Fourie weer eens haar kastaiings uit die vuur moet krap. Na ? tref-en-trap-ongeluk jaag Hilda weg. ? Ooggetuie wys haar omkoopgeld van die hand en haar gewetenlose daad kom op die lappe. ? Desperate Bernard Cronje reel dat sy selfsugtige dogter drie maande tikster moet speel vir doktor Kobus Liebenberg, sielkundige navorser op die afgelee Omdraaikrans. Maar Hilda het net een ambisie en dit is om ? topmodel in Johannesburg te word. Eers op Omdraaikrans ontdek Mariet waarvoor sy haar ingelaat het. Almal minag en wantrou haar en sy sukkel om die rol van haar selfsugtige, gewetenlose vriendin oortuigend te speel, want sy kan eintlik niks anders wees as haar onbaatsugtige self nie. Kobus kan “Hilda Cronje”, oftewel “Griet”, dus in geen kategorie plaas nie. Totdat Yvonne Sterling, Kobus se vriendin, onwetend die eerste saadjie van agterdog oor die geval Cronje saai. Waarom lyk sy tikster Griet so baie na Hilda Cronje, die sosiale vlinder wat gereeld oor glansblaaie dartel? Kobus begin in die doolhof van Griet se identiteit rondspeur. Nie net sy agterdog nie, maar ook Mariet se hart dryf haar al meer in ’n hoek…


Nadraai Nadraai

Автор: Jaco Kirsten

Год издания: 

Op die oog af beskik die aantreklike, twee-en-vyftigjarige Rocco de Witt oor alles wat die lewe kan bied. Sy argitekspraktyk in Kaapstad begin opgang maak, hy is verloof aan die pragtige Duitse model Helga en hy woon in sy veelvlakkige droomhuis, daar tussen die bome in Higgovale. Maar oornag kom die besef dat jy die verlede se nawerking nooit kan ontsnap nie. Want in die Bosoorlog was Rocco 'n formidable soldaat, verbonde aan 1 Valskermbataljon, en na byna 'n kwarteeu staan oudmakker Gert Malan voor sy deur . . . Die geweld van destyds, veral dit wat gebeur het tydens die aanval op 'n Swapo-basis, kom opnuut Rocco se lewe binne. Sy welgeluksalige bestaan ontaard spoedig in 'n nagmerrie en die spanning begin ondraaglik oplaai – tot die onvermydelike konfrontasie wat op hom wag, iewers tussen Ceres en Calvinia, op die plasie genaamd Nadraai.