Скачать книгу - Eensaam op Wegdraai



’n Skaduwee skuif oor Bokkie en Tokkie se sorgelose kaalvoetlewe, waarin sokkerspel saam met die dorpseuns die hoogtepunt van pret is. En die rede? Ontluikende vroulikheid . . . ’n vloekwoord en blykbaar ’n ongeneeslike siekte. Dis veral juffrou Estelle Huizeman se arendsoog wat die dinge opmerk. Nog meer, daardie fyn oog bespeur ook die manlikheid van hul wewenaar-pa en skoolhoof, Henk Beukes. Die tweeling besef gou hulle sal ’n blink plan moet smee as hulle nie juffrou Huizeman as hul nuwe ma wil he nie. Want dis duidelik sy het haar visier ingestel op die aantreklike wewenaar van Jagershoek. Die oplossing: hulle soek eerder self ’n moeder so na hul hart. En die aangewese plek is Soek en Vind, tydskrifhoekie vir eensames. So word Eensaam op Wegdraai geskep – eensame, aantreklike wewenaar van sewe en dertig, op soek na ’n vrou wat raad kan gee met dertienjarige tweelingdogters. Al wat Bokkie en Tokkie nou moet doen, is om uit al die aansoeke die regte een te vind. Iemand wat ’n eie ma vir hulle kan wees. Want so ’n vrou sal tog hul pa se hart ook steel, of hoe?


Dan kom die eensaamheid Dan kom die eensaamheid

Автор: Louisa du Toit

Год издания: 

Daar bestaan vir Hantie Hasper geen twyfel dat sy en Manus Bruwer binnekort sal trou nie. Maar dan gebeur daar iets wat haar totaal teen Manus en sy mense laat draai. Hantie word slegs staande gehou deur Billy de Meyer, haar werkgewer wat self met verdriet worstel.