Скачать книгу - In die skadu van soveel bome



In hierdie debuutbundel oor veral uitsonderlike bome word ’n fyn ewewig gehandhaaf tussen emosie en intellek in weloorwoe, delikate woordkuns. Dit is verstegnies vaardige, deernisvolle gedigte waarin die bome van Suid-Afrika beelde word vir menswees en psigiese ervarings. Fyn natuurwaarneming, trefseker woordkeuses en speelse humor, ook satire, maak van die bundel ’n boeiende verkenning van die menslike psige en ons verhouding tot die natuur.


Man van lig en skadu Man van lig en skadu

Автор: Schalkie van Wyk

Год издания: 

Op die partytjie van haar baas se bedorwe dogter, Nicolette, ontmoet Petri Auckamp een aand ‘n man wat so vas en sterk soos ‘n boom blyk te wees. Hougard Reyneke red haar meer as een maal uit ‘n moeilike situasie en laat haar hart beslis vinniger klop. Maar hy is klaarblyklik verloof aan Nicolette. En boonop is daar Ian Olivier, die jong prokureursklerk wat vlerksleep by Petri. Houghard is ‘n man van lig en skadu vir Petri. Een oomblik skerts hy met die sorgvryheid van die jeug en dan vlug die lig uit sy oe en word hy ‘n man van donker geheime. . .


Bella se skaduwee Bella se skaduwee

Автор: Amelia Strydom

Год издания: 

Toe Bella du Toit haar “skaduwee” sien, sak haar moed in haar tekkies. Sy het so gehoop dokter Markus Cameron van die Kaap is ’n gawe, vaal omie met ’n boepens en ’n bril. Dis erg genoeg dat sy hom vir die volgende maand moet saamsleep na al die geboortes wat sy hanteer en dat sy hom moet mentor in die kuns van natuurlike bevallings. Moes hy nou boonop so ’n aantreklike blikskottel wees? Bella vertrou mooi mans net so ver as wat sy hulle kan gooi. Haar ma het met ’n mooi man getrou, en kyk net waar dit hulle gebring het. Renier, Bella se universiteitsliefde, was ’n beeld van ’n man, en sy sit nou nog met die letsels. Nee, van Markus wil Bella niks weet nie. Maar omstandighede dwing haar om nou saam met haar skaduwee te werk en sy begin dieper kyk as die modelmooi uiterlike wat haar so ontstem. Is dit waar dat mens nie ’n man op sy baadjie moet takseer nie? Of was haar eerste instink tog reg: Moet sy vlug van Markus en van die gevoelens wat hy in haar wakker maak? Bella moet die donker plekke van haar siel ondersoek om einde ten laaste lig van skaduwee te kan onderskei.


Skaduself Skaduself

Автор: Paula Marais

Год издания: 

Geen ma is perfek nie . . .
In die tronk het ek baie tyd om te dink, en ek het nie altyd beheer oor waarheen my gedagtes dwaal nie. ’n Groot deel van die tyd dink ek teen wil en dank aan Clay: hoe lief ek hom gehad het, die foute wat ek gemaak het.
So baie foute! My dogters. My seuntjie Joe.
Maar my gedagtes is nie altyd helder nie. Ek dink deur gaas, deur filters. Om minuut na minuut, sekonde na sekonde toegesluit te wees het my laat besef dat ek al my hele lewe in ’n newel slyt. Party dae is daar ’n dik swart gordyn voor my, en net wanneer ek dit regkry om dit oop te trek sodat ’n klein bietjie lig inkom, val die gordyn weer toe en is ek weer in die donker.
Die meeste mense wil weet wanneer alles begin het, en soms wonder ek ook.
Thea Middleton is agter tralies vir ’n ondenkbare misdaad. Soos wat sy, haar man Clay en haar oudste dogter Sanusha hul stukkende lewens probeer heelmaak, vorm hul individuele verhale die stukke van ’n tragiese legkaart wat ewig by hulle sal spook.


Wanneer die skadu's wyk Wanneer die skadu's wyk

Автор: Schalkie van Wyk

Год издания: 

Karla raak verloof aan die man wat sy reeds vier jaar lank liefhet. Maar die verhouding dra nie haar pa se goedkeuring weg nie. Dan hoor Karla boonop een aand ’n gesprek wat kennelik nie vir haar ore bedoel was nie.


Pruimtwak en skaduboksers Pruimtwak en skaduboksers

Автор: Danie Marais

Год издания: 

Hoe hou ’n mens kop in die 21ste-eeuse virtuele warboel? In hierdie versameling rubrieke, essays en heildronke tuur die bekroonde digter en joernalis Danie Marais diep in die braaivleisvuur van ’n waansinnige wereld. En hy wonder met speelse erns en entoesiasme wat geword het van rock ’n’ roll en sy generasie X. Hy mik hoog, hy buk laag, en hy dink weer: oor boeke, oor flieks, oor Springsteen, Darth Vader, die Stones, die Simpsons, en oor randfigure – van die Anglo-Boereoorlog se agterryers tot The Big Lebowski en Peter Blum. Genoeg om jou met ’n verwonderde glimlag te laat.