|
Op vlerke van geloof is die kroon op Solly Ozrovech se skryfwerk wat strek oor meer as 30 jaar. Dit bevat 366 dagstukke vol troos, bemoediging en hoop. Met elke dagstuk se Solly Ozrovech: Vertrou op God, skuil by Hom, Hy sal vir jou krag gee sodat jy kan vlieg met arendsvlerke en kan hardloop in die wedloop van die lewe sonder om moeg te word. Получить ссылку |
Woud van nege en negentig vlerke
Автор: Carina Stander
Год издания:
Na haar sterk debuutbundel Die vloedbos sal weer vlieg keer Carina Stander terug met ’n ewe indrukwekkende tweede bundel. Mens en natuur, verval en groei, en boosheid en spiritualiteit vleg hier inmekaar. Natuur en emosie gaan hand aan hand en bly gevang in ’n belee ewewig, soos byvoorbeeld in haar gedigte oor swangerskap en geboorte waar biologiese groei en artistieke ontwikkeling tot sintese kom.Die digter het die vermoe om betekenis en klank tot ’n eenheid te verwerk. Sy “konfronteer” die werklikheid in al sy gedaantes, sy dig ru, sy dig wreed, sy dig loutere skoonheid en diep emosie. Dit maak haar werk fris en gelaai met energie.
Ware verhale van geloof
Автор: Helana Olivier
Год издания:
Daar is geen kleedrepetisie om ons voor te berei vir die lewe nie. Soms verg dit net een krisis om ons lewe vir altyd in ‘n nuwe rigting te stuur. Gaan daardie een groot terugslag wat skielik my pad gekruis het my verbitterd en verwese agterlaat? Gaan my geloof permanent in trurat gegooi word? En wat van die suksesse? Gaan onverwagse deurbrake my in ‘n arrogante, selfversekerde wese verander?
Op vlerke van die wind
Автор: Tryna du Toit
Год издания:
Op vlerke van die wind: Agter Emma se streng skooljuffrou-uiterlike skuil ’n menseliewende, sprankelende persoonlikheid. Op ’n skeepsreis na Europa leer sy ’n paar interessante mans ken. Watter een uiteindelik ’n blywende plek in haar lewe sal inneem, bly tot die end in die weegskaal.
Vlis met vlerke (skooluitgawe)
Автор: Annemari Coetser
Год издания:
Om speurder te speel, was nie deel van Andine se vakansieplanne nie. As sy geweet het van die skrikwekkende ervaring wat vir hulle voorle, het sy Jam oortuig om hulle liewer huis toe te neem. Wie sou kon raai dat haar pad met die van boewe en ’n sangoma sou kruis? Maar dis in hierdie buitengewone omstandighede dat Andine haar eerste tree in die grootmenswereld gee: die “vlissie” kry vlerke.
Hierdie skooluitgawe van Vlis met vlerke is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.
Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe)
Автор: Marita van der Vyver
Год издания:
Hanna Hoekom is veertien, byna vyftien, en haar lewe is nie hoe sy wil he dit moet wees nie. Haar ma, mallerige kunstenares wat sy is, het met ’n akteur met twee seuns getrou en nou is Hanna en haar halfboetie twee broers en ’n stiefpa ryker. En asof dit nie genoeg is nie, kry hul ma die simpel idee dat die hele gesin saam op “wittebrood” moet gaan – om mekaar beter te leer ken. Hierdie leerdervriendelike skooluitgawe van Marita van der Vyver se Sanlam-pryswenner bevat ’n leesgids met • inligting oor die skrywer • ’n inleiding tot die roman • literere begrippe • hoofstukopsommings en woordelyste • vrae en antwoorde • assesseringsriglyne
Чтобы скачать книгу, отключите блокировку рекламы. Спасибо!