|
Na haar sterk debuutbundel Die vloedbos sal weer vlieg keer Carina Stander terug met ’n ewe indrukwekkende tweede bundel. Mens en natuur, verval en groei, en boosheid en spiritualiteit vleg hier inmekaar. Natuur en emosie gaan hand aan hand en bly gevang in ’n belee ewewig, soos byvoorbeeld in haar gedigte oor swangerskap en geboorte waar biologiese groei en artistieke ontwikkeling tot sintese kom.Die digter het die vermoe om betekenis en klank tot ’n eenheid te verwerk. Sy “konfronteer” die werklikheid in al sy gedaantes, sy dig ru, sy dig wreed, sy dig loutere skoonheid en diep emosie. Dit maak haar werk fris en gelaai met energie. Получить ссылку |
Op vlerke van geloof
Автор: Solly Ozrovech
Год издания:
Op vlerke van geloof is die kroon op Solly Ozrovech se skryfwerk wat strek oor meer as 30 jaar. Dit bevat 366 dagstukke vol troos, bemoediging en hoop. Met elke dagstuk se Solly Ozrovech: Vertrou op God, skuil by Hom, Hy sal vir jou krag gee sodat jy kan vlieg met arendsvlerke en kan hardloop in die wedloop van die lewe sonder om moeg te word.
Op vlerke van die wind
Автор: Tryna du Toit
Год издания:
Op vlerke van die wind: Agter Emma se streng skooljuffrou-uiterlike skuil ’n menseliewende, sprankelende persoonlikheid. Op ’n skeepsreis na Europa leer sy ’n paar interessante mans ken. Watter een uiteindelik ’n blywende plek in haar lewe sal inneem, bly tot die end in die weegskaal.
Vlis met vlerke (skooluitgawe)
Автор: Annemari Coetser
Год издания:
Om speurder te speel, was nie deel van Andine se vakansieplanne nie. As sy geweet het van die skrikwekkende ervaring wat vir hulle voorle, het sy Jam oortuig om hulle liewer huis toe te neem. Wie sou kon raai dat haar pad met die van boewe en ’n sangoma sou kruis? Maar dis in hierdie buitengewone omstandighede dat Andine haar eerste tree in die grootmenswereld gee: die “vlissie” kry vlerke.
Hierdie skooluitgawe van Vlis met vlerke is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.
Vlerke vir almal
Автор: Marion Erskine
Год издания:
Karlien draai haar handpalms na onder en kruis haar duime oor mekaar. Dan begin sy die gefladder van ’n skoenlapper naboots. Ek staar na haar. Skielik is Karlien vir my die mooiste meisie wat ek in my hele lewe gesien het. Ons al vier staan in ’n sirkel en doen die skoenlapper-ding. Stadig. Diskreet. Ek sien in my geestesoog hoe leerders oor die hele wereld saamstaan en mekaar teen boelies ondersteun. Nou verstaan ek waarom Nicola altyd so aangegaan het oor hierdie insek. Die skoenlapper is ’n simbool van hoop, van lewe. Ek besef nou meer as ooit hoe verskriklik baie ek haar mis.
Sewentienjarige Dewald se ouers stuur hom na 'n nuwe skool na sy lewe omvergegooi is. Elke skool het nuwe uitdagings en dis nie maklik om 'n tiener te wees met 'n skielike hakkelprobleem nie. Dewald probeer weer sy balans vind; om sin te maak van hoekom sy beste vriendin hom nooit ingesluit het in haar grootste besluit nie. Dit terwyl hy reeds 'n vyand gemaak het van een van die grootste boelies in die skool.
Чтобы скачать книгу, отключите блокировку рекламы. Спасибо!