Скачать книгу - Trompie die vegter (#13)



Die eksamen begin oor tien dae, maar Trompie voel dit is gans te vroeg om nou al te leer, want dan sal ’n mens eenvoudig weer alles vergeet. Rooie en Blikkies besluit om hierdie teorie op die proef te stel, maar Dawie weet soos gewoonlik van beter. Intussen is ’n nuwe seun in die skool besig om ons held se lewe te versuur deur allerhande stories oor hom te versprei. Dit word later duidelik dat hierdie vent Trompie wil dwing om teen hom te baklei, maar die sproetgesig is versigtig vir hom, want hy is groot en sterk en het ’n reputasie as ’n bobaas vegter. Dinge kom egter tot ’n punt wanneer die seun Dawie eendag seermaak. Die Boksombende se Grootkaptein besluit tot hiertoe en nie verder nie – die boelie moet op sy plek gesit word. Omtrent al Kwaggaberg se kinders daag by die dam in die kloof op vir hierdie groot kragmeting. Kort voor die eksamen besluit Trompie om vir Rooie ’n poets te bak. Hy smeer ’n handvol toffies vol gom en neem dit skool toe, maar dan ruk sake handuit en die skool se onderhoof en hoof se kake loop lelik deur!


Word ’n virusvegter! ’n Gids vir gesond bly Word ’n virusvegter! ’n Gids vir gesond bly

Автор: Alix Wood

Год издания: 



Trompie die kaptein (#22) Trompie die kaptein (#22)

Автор: Topsy Smith

Год издания: 

Trompie-hulle gaan speel in die kloof en ’n nuwe vriend, Asjas, val en sit vas. Terwyl hulle hom probeer red, ontdek hulle in die grot ’n historiese rotstekening. Die rugbyseisoen breek aan en die Boksombende speel vir plekke in ’n provinsiale span, maar dit gaan broekskeur . . . totdat hulle almal verras in ’n plaaslike wedstryd.


Trompie die rebel (#17) Trompie die rebel (#17)

Автор: Topsy Smith

Год издания: 

Trompie bring ’n brulpadda skool toe en sake ruk hand-uit wanneer ’n nuwe onderwyseres skoon flou val van skok. Gelukkig vir die sproetgesig is die skoolhoof nie op die oomblik in Kwaggaberg nie. Die Boksombende se Grootkaptein is jaloers wanneer Katrien, die meisie wat langs hom bly, ’n brief van ’n geheime bewonderaar in hul klas kry. Dit is nie lank voor Trompie uitvind wie so beenaf op haar is nie en dan gaan hy uit sy pad om die lewe vir die kerel moeilik te maak. Ons held besluit hy moet ’n nuwe blaadjie omslaan en ’n beter mens word. Sy bendelede is nie juis beindruk met hierdie nuwe gier nie, maar Trompie doen sy bes om sy medemens te help. Hy hoor by ’n vriend wat in die koshuis is dat die kinders nie naastenby genoeg kos daar kry nie en ontferm hom dadelik oor hulle. Die daaropvolgende eetstaking wat Trompie reel, het verreikende gevolge!


Trompie die reisiger (#21) Trompie die reisiger (#21)

Автор: Topsy Smith

Год издания: 

Trompie beland in groot moeilikheid as hy ’n nuwe mikstok vir sy kettie wil maak en ’n saag uit sy pa se verbode werkskamer gaan gaps. Maar dan skryf hy in vir ’n kompetisie van ’n koejawelfabriek wat ’n “tipiese Suid-Afrikaanse seun” soek. Die prys vir die wenner en ’n maat van sy keuse, is ’n reis in ’n vliegtuig na Kaapstad en Durban, met boonop nog ekstra sakgeld ook! Die vraag is net: sal Trompie ooit as die wenner gekies word, en as hy wen, watter een van sy maats moet hy kies om saam te neem op hierdie wonderlike reis?


Trompie die sportman (#19) Trompie die sportman (#19)

Автор: Topsy Smith

Год издания: 

Die Boksombende se Grootkaptein kom voor ’n krisis te staan. Die rugbyseisoen is om die draai en Gerrit Moerdyk, ’n seun met wie hy nog nooit klaargekom het nie, se vir almal hulle moenie weer vir Trompie as hul spankaptein kies nie. Volgens Gerrit is Trompie ’n selfsugtige speler en is dit sy skuld dat hulle nie verlede jaar die beker gewen het nie. Dit lei tot ’n grootskaalse verkiesingsveldtog waarin ons held en sy vriende alles moet uithaal om sy naam in ere te herstel en almal te oortuig dat hy ’n waardige kaptein is. Die Grootkaptein dink self ’n gevatte slagspreuk uit om stemme te werf: “Hompie Kedompie – stem vir Trompie!” Kwaggaberg se sproetgesig kan sy geluk nie glo wanneer sy rugbyheld in die dorp opdaag nie. Hy kry die kans om van aangesig tot aangesig met die beroemde Springbok te gesels en handige wenke te kry – en word selfs na ’n toetswedstryd uitgenooi. Maar Trompie moet natuurlik eers ’n struikelblok of twee oorkom – nie dat dit ooit vir hom ’n probleem is nie!