Скачать книгу - Al is die maan 'n misverstand



Waar sy debuut hoofsaaklik handel oor die verbrokkeling van ’n huwelik in Duitsland – sy “break-up album” – is Al is die maan ’n misverstand ’n tuiskoms, nie net op eie bodem nie, maar ook in ’n nuwe verhouding. Tog is Marais se poesie allermins geluksalig – verlorendheid is steeds die gevoel wat sy digterlike instink onderle. Hier is praatverse, verse wat doelbewus ingeskryf is teen die gedrae en verhewe metriese trant wat tradisioneel die Afrikaanse poesie kenmerk. Soos die poesie van Raymond Carver is dit verse wat klink soos ’n intieme gesprek, verse wat die indruk laat dat dit omgee vir almal van ons se verlangens en verlorenthede. Die subtiele krag van Marais se poesie le in die wyse waarop dit as’t ware die leser se vinger neem om die teksture van gevoel na te trek. Met sy debuut het hy die onweerstaanbaarheid van hierdie tegniek gevestig en in sy tweede bundel voer hy dit tot nog oorrompelender uiterstes.


Misverstand op Keurboslaan #9 Misverstand op Keurboslaan #9

Автор: Theunis Krogh

Год издания: 

Wanneer Riek en sy vriende lughawe toe gaan om vir Josef, wat terugkeer van Engeland, te gaan oplaai, loop hulle hulle vas in ’n avontuur. Hulle red twee Britse vlieeniers van ’n oproerige skare. Riek besluit om die twee mans tydelik op hulle plaas in Swaziland weg te steek. Josef daag met ’n vreemde meisie aan sy sy op en kondig aan dat hy kastig aan haar verloof is. Hy wil Amanda intussen ook na die plaas neem. Wat die seuns egter nie weet nie is dat daar politieke onrus in Mosambiek uitgebreek het en dat dit oorgespoel het na Swaziland. ’n Bende Mosambiekse krygers val die plaas aan en ’n spanningsvolle skietgeveg breek uit.