|
Die mooie Clio Gericke met haar goue hare en viooltjie-oe was vir Jurg verbode: Sy was sy ouboet Arnold se nooi, en ’n man vat nie sy broer se goed nie. Dit was elf jaar gelede. Nou het Clio teruggekom uit Kanada om by Arnold te kuier, hulle jeugliefde te verseel. Die noodlot gryp egter in toe Arnold van sy perd af val en in ’n koma in die hospitaal beland.Tussen Jurg en Clio smeul genoeg hartstog om ’n veldbrand te veroorsaak. Maar wat van hul lojaliteit teenoor Arnold, wat dalk nie gaan bykom nie of sy lewe in ’n rolstoel sal moet slyt? Vir Clio is daar slegs een uitweg, al sal haar hart in duisend stukkies breek. Получить ссылку |
De nijlbruid
Автор: Georg Ebers
Год издания:
Bruid uit die vreemde
Автор: Ena Murray
Год издания:
"Toe die jong Franse edelvrou Jacqueline de Savoye ’n brief van haar tweelingbroer uit die Verre Kaap de Goede Hoop ontvang, is sy oorstelp van vreugde. Sedert sy verdwyning twee jaar tevore het sy begin glo dat hy dalk ook, soos haar pa, deur die gevreesde Estienne de Savoye vermoor is. Sy haat die aanmatigende Estienne de Savoye begin soek, het hy – en haar broer Jacques – spoorloos verdwyn.
Die bruid van Blouberg
Автор: Susanna M. Lingua
Год издания:
Die bruid van Blouberg: Die Branks van Blouberg laat nie met hulle speel nie, en Lecia Brank, mede-erfgenaam van die spogplaas Blouberg, is geen uitsondering nie. Maar vanuit sy graf trek oom Isak Brank nog vir oulaas ’n paar toutjies toe hy in sy testament bepaal dat Lecia sekere voorwaardes moet nakom, anders erf Wouter Fouche alles. Geen Brank kon nog ooit nee se vir ’n uitdaging nie, maar weet Lecia dat die voorwaardes behels dat Wouter ’n se het oor haar liefdeslewe en dat sy moet leer boer?
Die bruidseisoen
Автор: Helene de Kock
Год издания:
Die Bruidseisoen bestaan uit twee lang novelles. In ’n Bruid vir vier seisoene gaan hou Sanet Bornman in Venesie vakansie waar sy die nuus kry dat haar flambojante verloofde, Kallie, skielik getroud is. Maar gelukkig is daar ’n ou vriend wat haar onderskraag, iemand wat weet dat die liefde die toets van vier seisoene moet kan deurstaan. In Huwelik in die herfs besluit Amara om Londen toe te gaan om helderheid te kry oor haar gevoelens vir Pieter Cronje en oor sy huweliksaansoek. Die besoek bring haar egter weer in kontak met haar rampspoedige jeugliefde.
Haar beste bruidegom
Автор: Dirna Ackermann
Год издания:
Anneme het voor De Wet se oe grootgeword. Eens was sy bloot die skattige nuwe buurdogtertjie, veel jonger as hy, maar met die jare het sy gevoelens vir haar verdiep. Nou is Anneme ’n volwasse vrou . . . ’n Volwasse vrou wat wil trou. Haar eie huislike omstandighede – met dikwels afwesige, koel ouers en sonder broers of susters – was nie wat sy as kind wou he nie, en sy’s nou meer as gereed om haar eie gesin te begin. Tot dusver het sy self maar vrot gekies onder die manne, en wie beter om vir haar ’n gawe bruidegom te vind as haar ou-ou vriend, haar amper-ouboet, De Wet? Onder sy pelle moet daar mos ’n goeie kandidaat wees, en Anneme weet presies watter een sy eerste op die proef wil stel. Wanneer De Wet besef dat Anneme ernstig is, moet hy alles uithaal om te keer. Hy’t al foute gemaak, en Anneme ook – daar is mislukte verlowings en egskeidings in hul onderskeie verledes – maar as sy darem met daardie vent deurmekaar moet raak, sal dit haar grootste fout nog wees. Nee, De Wet kan dink aan ’n beter bruidegom vir Anneme…
Чтобы скачать книгу, отключите блокировку рекламы. Спасибо!