Hartstog op see
Автор: Malene Breytenbach
Год издания:
Nuweling-skeepsverpleegster Justine was allermins op ’n manvang-missie toe sy die pos op die luukseskip die Moon Goddess aanvaar het. Sy wil ’n bietjie die wereld sien en interessante mense ontmoet – en, as sy eerlik is, ontsnap van haar dokter-eks, Jacques. Maar wat gebeur sodra sy aan boord stap? Dis net mans oral: die sexy Griekse eerste-offisier George Klopas, vrolike offisier Jim Sylvester, wat dadelik ’n ogie op haar het, die gladde Ierse dobbelaar Pat O’Neil, en haar belangrikste pasient, sir Geoffrey Percy en sy snobistiese familie wat saam reis. Natuurlik is daar ook die onweerstaanbare hoofdokter, Ruben Barnard, maar hy is heeltemal onbeskikbaar. Al is dit ook juis hy wat Justine bevriend en haar hart so vinnig laat klop . . . Spoedig is Justine betrokke in die mengelmoes verhoudings wat op so ’n vakansieskip kan ontstaan. Daar’s mans wat vra om met haar te trou, skimme uit haar verlede wat hoogs onverwags opdaag, en boonop lastige passasiers wat links en regs verlief raak op mediese personeel. Dit alles teen die romantiese agtergrond van ’n Mediterreense skeepsvaart. Hoe gaan Justine se hart dit hou?
Hartstog op Hartenbos
Автор: Trish Goosen
Год издания:
Karien van Tonder is vreeslik opgewonde toe haar verloofde, Shaun Morris, haar die projekbestuurder en hoofontwerper van hulle nuwe boetiekhotel maak. Al waaroor sy nie so seker is nie, is die ligging, want hy het wraggies op Hartenbos besluit. Nou moet Karien terugkeer na die vakansiedorp waar sy saam met haar ma in ’n tuinwoonstelletjie gebly het. En waar sy teen haar sin herinner word aan “Vlam”, die rebelse tiener wat sy eens was. Die ergste van alles is dat haar tienerliefde Malan Hugo nog op die dorp is – en hy het sowaar nog aantrekliker geraak. Waarom reageer sy steeds so intens op Malan? Is sy dan nie seker van Shaun nie?