![]() | Rochelle Fourie word deur haar baas op ‘n onvergeetlike missie gestuur: om die enigmatiese Sir J.C. Auther op te spoor, nee te jag, voordat haar mededingers, die publiek of die pers snuf in die neus kry dat hy in Malawi wegkruip. Maar vandat sy in Malawi land, ontspoor haar goeddeurdagte plan egter. Sy ontmoet ene kaptein Costa en die vonke spat onmiddellik. Die ongenaakbare man met sy seeblou oe verwar haar, laat ongekende drange in haar los en laat haar magteloos na woorde snak. Maar Rochelle is ‘n astrante, ambisieuse werknemer en niks sal in haar pad na bevordering staan nie – veral nie kaptein Costa nie. |