Найти книгу: "Middernag"


Middernag Middernag

Автор: Sidney Gilroy

Год издания: 0000

Die oorskot van ’n verminkte vierjarige word in die vroee oggendure in ’n Frutti Tutti-roomyskarretjie in Harrismith ontdek. Kaptein Brummels besluit oornag om Parkwegstasie se bulhond, Sollie Mtembu, saam te sleep om ’n oudkollega van hom met die ondersoek te help. Sollie lyk dalk na ’n onervare sersant wat dikwels oor sy eie woorde struikel, maar as hy iets beetkry, laat los hy nie. Sidney Gilroy se debuutroman, Klikbek, is met groot lof deur resensente en krimi-lesers ontvang.
Die Krag Van Middernag Gebed Die Krag Van Middernag Gebed

Автор: Gabriel Agbo

Год издания: 

Hierdie boek, ‘Die Krag van Middernag Gebed’, sal beslis een van die omvattendste en kragtigste boeke oor geestelike oorlogvoering wees. Die titel-keuse kom van ? rykdom van ervaring, skrikwekkende getuienisse en belydenisse, en ? deeglike studie van die woord van God. Dit is inderdaad ? baie ryk en goed nagevorste werk. Dit is deur menigte as ? ongelooflike boek beskryf. In hierdie boek sal jy leer van die enorme, maar nie ten volle benut, geestelike krag wat in die gebede wat tussen 11:00nm en 3:00vm gebid word le. Weet jy genoeg van die eksplosiewe mag van lofprysing, gebed en vas? Weet jy watter rolle die engele van God, die Gees van God en die vuur van God in ons oorlog teen die koninkryk van duisternis speel? Jy sal ook lees van die kolossale, vernietigende impak wat die naam en bloed van Jesus in Satan se koninkryk het – direk uit die monde van voormalige okkult meesters. Wat gebeur wanneer Satan en sy demone in kontak kom met die twee kragtigste elemente in die heelal? Hierdie boek, ‘Die Krag van Middernag Gebed’, sal beslis een van die omvattendste en kragtigste boeke oor geestelike oorlogvoering wees. Die titel-keuse kom van ? rykdom van ervaring, skrikwekkende getuienisse en belydenisse, en ? deeglike studie van die woord van God. Dit is inderdaad ? baie ryk en goed nagevorste werk. Dit is deur menigte as ? ongelooflike boek beskryf. In hierdie boek sal jy leer van die enorme, maar nie ten volle benut, geestelike krag wat in die gebede wat tussen 11:00nm en 3:00vm gebid word le. Weet jy genoeg van die eksplosiewe mag van lofprysing, gebed en vas? Weet jy watter rolle die engele van God, die Gees van God en die vuur van God in ons oorlog teen die koninkryk van duisternis speel? Jy sal ook lees van die kolossale, vernietigende impak wat die naam en bloed van Jesus in Satan se koninkryk het – direk uit die monde van voormalige okkult meesters. Wat gebeur wanneer Satan en sy demone in kontak kom met die twee kragtigste elemente in die heelal? Waarom het Satan gedurende ? vergadering uit sy stoel uit geval omdat die naam van Jesus genoem was? Weet jy van die vyand se oorlog strategiee teen die kerk, Christene en predikante? Hoe breek hy predikante van die evangelie af of nog erger, hoe vermoor hy hulle soms? Wie is die agente van die donker koninkryk in die kerk? Watter rol moet die gebedstryders speel? Wat is die belang van die koninkryk van Satan in menslike vlees en bloed? Hoekom moet mense geoffer word in die okkult wereld? Jy sal oor verskeie verhale van voormalige agente van Satan, en selfs van die media, lees oor die opoffering van mense en ander skrikwekkende gebruike wat nie gepubliseer mag word nie. Waarom sal ? vrou die oe van ? kruipende baba verwyder, haar slag, met die baba se gehuil en gekreun in haar ore, en dan die baba eet? Wat doen die okkult met seks? Kan bose geeste, verbonde en vloeke deur seks oorgedra word? Waarom sal ? man met ? klein seuntjie slaap en hom forseer om ? slang te eet, net om mag, rykdom en posisie te bekom? Jy sal ook lees oor ander eksplosiewe onderwerpe soos worsteling met God, binding en losmaking, breek van die poorte, oop deure, die volle wapenrusting van God, en die poorte van die hemel en hel. Die 21 kragtige hoofstukke van hierdie boek sal jou sekerlik aan die brand steek vir God. Ek is seker dat jy nog nooit vantevore so iets gelees het nie.

Middernag en ander spokerige stories Middernag en ander spokerige stories

Автор: Группа авторов

Год издания: 

Hoekom wil Carla se ma haar nie glo oor die meisie agter haar kamerdeur nie? En wat maak juffrou Elizabeth, van sy nuwe skool, in Arnold-hulle se spens in die middel van die nag? Hoe kan ’n skoolbussie vol kinders in die nag wegjaag sonder dat daar ’n bestuurder in is? Waar kom die vreemde outjie in Bennie se koshuiskamer se kas vandaan? Hierdie is maar ’n paar van die vrae wat jy beantwoord sal kry in hierdie lekker-lees versameling grillerige stories vir alle ouderdomme.

Middernagmusiek Middernagmusiek

Автор: Amelia Strydom

Год издания: 

Isolde Harmse is desperaat om te vlug nadat haar obsessiewe eksman, Reghardt, weereens uitgevind het in watter dorpie sy wegkruip. Dan daag Hugo Barnard, die beroemde kletsrymer wat onder die verhoognaam Adonis optree, by haar masseerpraktyk op en toe hy hoor hoe Reghardt haar oor die foon dreig, bied hy vir haar ’n uitkoms aan. Hy sal haar beskerm en met hom saamneem tot in die Kaap as sy sal voorgee om sy meisie te wees ter wille van reklame vir sy nuwe album. Hugo meen hulle moet Reghardt uitlok sodat die polisie hom eens en vir altyd kan vastrek.En Isolde stem in, want sy kan nie so aangaan nie. Buitendien sal dit nie ’n straf wees om aan die vuurwarm man met die sagte hart se arm te verskyn nie – al het hy tatoes en ‘n oorbel! Dalk kan sy Hugo ook help, want hy dra blykbaar onnodig swaar aan skuldgevoelens. Of steek daar waarheid in die sinistere stories wat Isolde oor Hugo se verlede hoor? Kan sy haar hart aan hom toevertrou, of is sy al weer met ’n gevaarlike man deurmekaar?