Найти книгу: "Wanneer woorde ontbreek"


Wanneer woorde ontbreek Wanneer woorde ontbreek

Автор: Braam Klopper

Год издания: 0000

Jy kry die vreeslike nuus. Iemand vir wie jy omgee moes 'n geliefde aan die dood afstaan. Jou eerste gedagte is dat jy dadelik wil bel, maar dan besef jy – jy weet glad nie wat om te se nie. As jy al ooit so gevoel het, is die boek vir jou bedoel. Braam Klopper, predikant en pastorale terapeut van Kemptonpark-Oos, spits homself toe op die hantering en verwerking van rou. Hy weet presies waarmee ons worstel as ons wil uitreik, maar sprakeloos staan voor die pyn van ander. Wanneer woorde ontbreek bevat vele praktiese riglyne. Dit wys op die verskillende «routake» wat deurgevoer moet word, en lys alles wat met 'n geliefde se dood afgehandel moet word. Braam bekyk ook die impak van selfdood of die dood van 'n kind op die rouproses. 'n Onontbeerlike, wyse gids vir ons donkerste tye.
Wanneer 'n droom waar word Wanneer 'n droom waar word

Автор: Ettie Bierman

Год издания: 

Carmia Basson moet noodgedwonge bedank as junior verslaggewer en word spoedig aangestel as assistent van die bekende skrywer Margo Vermeulen. Margo het dringend iemand nodig wat sal inwoon by haar en haar kleinseun op Skamanga, hul spoglandgoed aan die KwaZulu-Natalse kus. Dit klink idillies, maar spoedig begin dinge krap. Deneys Vermeulen wil Carmia glad nie op sy plaas he nie. En Tasha, wulpse buurdogter en bekende perderuiter, wil Deneys tot elke prys aankeer. Carmia self moet ook kliphard teen haar wederstrewige hart baklei – totdat Deneys haar van die landgoed af wegjaag . . .

Rykie: 'n lewe met woorde Rykie: 'n lewe met woorde

Автор: Lizette Rabe

Год издания: 

In ’n tyd toe die meeste vroue of onderwyseres of verpleegster geword het, het Rykie van Reenen vir haar ’n loopbaan oopgeskryf in die joernalistiek. Sy het Suid-Afrika se eerste vroulike oorlogskorrespondent geword toe sy die Jom Kippoer-oorlog in Israel gaan dek het.In die 1960’s het sy naam gemaak as rubriekskrywer vir “Van alle kante” in Die Burger en in die 1970’s vir “Op die randakker” in Rapport. Die rubrieke was so gewild dat dit as ’n sirkulasiebouer by Rapport beskou is en later ook gebundel is.Van Reenen se fyn waarnemingsvermoe, wydbelesenheid en kreatiewe taalgebruik het haar in ’n klas van haar eie geplaas. Sy het geskryf oor kerksake, die politiek van die dag en het onderhoude gevoer met van Hendrik Verwoerd tot Steve Biko. Van Reenen word beskou in dieselfde liga as Piet Cillie en Schalk Pienaar en het ’n groot rol gespeel in die professionalisering van vroue-joernaliste.Twee boeke het uit haar pen verskyn: Emily Hobhouse: Boer War Letters (1984) en Emily Hobhouse: Heldin uit die Vreemde (1970).

Sonnet sonder woorde Sonnet sonder woorde

Автор: Ettie Bierman

Год издания: 

Valdi en haar niggie Fiela het lank gespaar vir hul Europese vakansie. Hulle kom op die ingewing van die oomblik ook na Capri, maar binne minute van hul aankoms, sien Valdi al in haar geestesoog hoe die hele vakansie in ’n opperste nagmerrie ontaard. Want wie tref sy op die idilliese eiland aan? Niemand anders nie as haar groot skoolliefde, Duard, die een wat haar hart gebreek het, haar in die afgrond in verneder het, haar stoksielalleen met die gebakte patats gelos het . . .Van vlug terug vasteland toe kom daar boonop nie veel nie. Daarvoor sorg ’n beseerde Fiela, nou wel per ongeluk, maar sy’s ook nie juis spyt nie – daar’s immers meer as een aantreklike Afrikanerman op die eiland. Hoe gaan Valdi se seer hart Duard se nabyheid oorleef? Al het dinge tussen hulle reeds nege jaar gelede skeefgeloop, moet sy uiteindelik aan haarself erken dat sy nog nooit oor hom gekom het nie . . .

Blywende woorde Blywende woorde

Автор: Sylvia de Kock

Год издания: 

Blywende woorde is ’n dagstukkieboek met 90 oordenkings wat gebaseer is op aanhalings deur bekende vroue soos Elize Parker, Helene de Kock, Christine Ferreira, Marzanne Leroux-van der Boon en Milanie Vosloo. Vroue sal bemoedig word deur die woorde van hierdie besonderse vroue wie se lewens getuig van hul Christenskap. Geinspireer deur vroue se geloof en hul verhouding met Christus. ’n Voorbeeld van aanhalings: Die dinge wat ons so seer kan maak dat dit onuithoudbaar raak, word die krag waarna ons vra om ons die hoogtes uit te dra. – Helen Steiner Rice. Die beste wat jy vir jou kinders kan gee, is jou deernis, jou teenwoordigheid, jou vergifnis, jou liefde, jouself. – Maretha Maartens

Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

Автор: Anton F. Prinsloo

Год издания: 

The second edition of Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom is completely revised with roughly 3000 new entries. Two thirds of these represent origins from mainly old Dutch sources. While many expressions and proverbs are obsolete, they are still found in texts. Meanings of these expressions and proverbs would be unavailable to readers who do not have access to older dictionaries. However, Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom fills this gap. In addition, it is a handy reference work for Afrikaans and English users: Afrikaans expressions are not only explained. For each Afrikaans expression, its English equivalent or meaning is provided. For the first time, Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom also includes information about intensive forms, such as so nors soos ’n buffel, as well as a number of commonly used Latin and French expressions, such as raison d'etre and joie de vivre.