Blits 2: Operasie Hoerskool
Автор: Nadine Blom
Год издания: 0000
Hannes en Zander is in Gr 8. Hoerskool is soveel anders as wat hulle verwag het. Dit lyk boonop asof hulle vriendskap onder al die druk van aanpas in die nuwe skool gaan ly. Hannes se speurinstink word weer geprikkel toe 'n nuwe kind in sy klas hom een middag huis toe nooi. En Luna, as sy net wil ophou droom oor modelkontrakte! Gelukkig bly Melkbos die beste plek om te bly en is 'n goeie surf-sessie medisyne vir amper enigiets wat pla!
Harry Griesel 1: Operasie spookredding
Автор: Sonja Kaiblinger
Год издания:
Otto woon in ’n regte spookhuis en het ’n pratende vlermuis as troeteldier. Vir hom is dit glad nie vreemd dat daar ’n spook in sy tannie Sharon se stofsuier woon en ’n ander een gereeld toebroodjies uit die yskas steel nie. Nietemin is hy geskok om ’n Grieselgryper in sy buurman se tuin raak te sien. Maar Harry is glad nie so grieselrig soos hy lyk nie en is eintlik ’n baie gawe kerel. Wanneer Otto se huisspoke skielik geheimsinnig verdwyn, ontdek Otto en sy vriendin Emily gou dat dit baie handig is om ’n Grieselgryper aan jou kant te he.
Blits: Perlemoendiewe
Автор: Nadine Blom
Год издания:
Hannes en Zander is die konings van Melkbosstrand. As hulle nie die lane op hulle longboards deurkruis of elke moontlike sonskyndag op hulle surfboards is nie, hang hulle uit by Goofy’s, waar Luna naweke en vakansies waitress. En hulle ken Melkbos en sy mense – daarom staan die ou in die paneelwa wat Hannes amper van die pad af ry soos ’n seer duim uit. Hier kom moeilikheid, weet Hannes. Melkbos se blitsspeurders het werk om te doen!
Nadine en Adriaan Blom is ’n ma-en-seun-skryfspan van Melkbosstrand. Hierdie is hulle eerste boek.
Operasie droomvrou
Автор: Jade Mc Menamin
Год издания:
Elmien en Riekert is sedert hul tienerjare onafskeidbaar. Maar Riekert het nog nooit enige tekens van romantiese toenadering getoon nie. Dan daag hy onverwags met groot nuus by Elmien se voordeur op – hy het sy droomvrou gevind. Altans, hy het haar gesien, te laat besef hy moet iets doen om haar aandag te trek en in die proses slegs haar inkopielys in die hande gekry. Sy droomvrou blyk ’n interessante en avontuurlustige vrou te wees – die lysie bevat immers allerlei unieke items. Elmien moet nou vir die eerste keer die moontlikheid oorweeg dat Riekert nie vir altyd net aan haar sy kan wees nie. Sy hoor ook voortdurend haar oorlede ouma se stem in haar kop terwyl sy met haar gevoelens worstel. Elmien besef gou dat sy op haar beste vriend verlief is en besluit sy sal hom help om die droomvrou op te spoor, al beteken dit sy gaan hom by iemand anders gelukkig moet sien. Dinge verloop uiteraard nie soos die twee vriende beplan het nie en mettertyd moet albei hul planne heroorweeg.