Найти книгу: "Die Generaal"


Die Generaal Die Generaal

Автор: Hans Pienaar

Год издания: 0000

Daar is ’n klop aan die deur. My vinger wil nie verder saamtrek nie. My hart hamer die sekondes in my ore om. Wat sal gebeur as ek die sneller trek? Johan is negentien en in die weermag. Wanneer die adjudant hom inlig dat hy na Seksie C in die Zambesivallei gestuur word om onreelmatige ontgroening te ondersoek, pak ’n ongekende opgewondenheid hom beet. Maar dit is korte duur, want Johan besef gou hy is nie opgewasse teen die weermag nie. Ter ontvlugting besoek Johan pasnaweke sy ouer neef Ben in Pretoria. Ben, die rebelse seun van die generaal. Ben wat sy eie oorlog veg. Die Generaal is ’n onthutsende, oorrompelende en aangrypende verhaal wat die absurditeit van die Grensoorlog en die verwoestende impak daarvan op jong mans se lewens met sensitiwiteit teken.
Klassiek reeks: Op soek na generaal Mannetjies Mentz Klassiek reeks: Op soek na generaal Mannetjies Mentz

Автор: Christoffel Coetzee

Год издания: 

Wenner in De Kat/Sanlam se Groot Romanwedstryd (1997), Eugene Marais-prys (1999), M-Net-prys (1999). Daar loop gerugte van twee honde en ’n jakkals, gruwelike gediertes, wat snags vreet aan mens en dier in die poorte deur die berge van die Brandwaterkom. Dis waar die Vrystaatse magte futloos aan die Engelse oorgegee het. Waar iemand die Kakie-eskorts in die poorte voorle en wreedaardig straf – maar ook die hensoppers, tot selfs die pakdiere. Drie Boere loop aan die spits van die geheime Wraakkommando: die dierlike haaslip Niemann, die geslepe Voss, en hul ontsagwekkende leier, Mannetjies Mentz. Deur hulle kom talle burgers weer vry om voort te veg. En in spelonke hoog teen die berg leef Boervroue en -kinders die Anglo-Boereoorlog deur. Ma, die onverbiddelike. Aunt Soph, die roekelose. Ounooi met die groot ore. En aunt Anne, die ontluikende. Hulle plaas het hulle self laat afbrand, en ’n onderlinge verdrag laat gedy hulle daar saam met Jan Witsie en sy half-Basotho, half-Griekwa mense. Maar dis die verkeerde tyd vir Anne om te blom toe Mentz se burgers die gevange jong Kakie-luitenant daar los – verlief soos sy is, en blind vir die onvermydelike: dat die burgers sal terugkom, en dat hulle bloed sal soek. En so word nog ’n konflik gebore, want Soph se eie broer, blink Frans Naude, is deel van daardie Wraakkommando. Botsing en hartstog, ontrou en lotsverbondenheid tussen Boer en Brit, wit en swart, mens en dier … Die mengsel is ryk en kragtig in hierdie verhaal wat diep en ver loop deur Afrika: tot onder sy skoonste berg, Kilimandjaro, en tot in die skadu van die grootste oorlog, in die middel van die vorige eeu.