'n Gelukkige kind
Автор: Dr. Pieter van Jaarsveld
Год издания: 0000
Die bord pap vlieg oor die tafel en die melk spat op alles. Jou oudste klap jou jongste teen die kop. En julle is al weer laat vir skool. Welkom by die klub van ouers wat soms nie meer weet hoe nie! Dr. Pieter van Jaarsveld, 'n internasionele spreker en kenner op die terrein van positiewe denke, verduidelik in hierdie omvattende ouerskapgids hoe kinders se koppe werk en hoe jy 'n gelukkige en gebalanseerde kind kan grootmaak. Die boek wys dat dit wel moontlik is om duidelike grense te stel, terwyl jy jou kinders met liefde, respek en koestering grootmaak.
Die boek van gelukkige eindes
Автор: Debbie Loots
Год издания:
Chris, ’n Kaapse sielkundige, se voorspelbare lewe word van alle kante bedreig. ’n Vrou met wie hy lank terug ’n vlietende verhouding gehad het, duik skielik weer op met ’n ultimatum, sy pasiente raak by die dag moeiliker, en sy dirty little secret neem ’n onheilspellende wending. Is sy plat-op-die-aarde jong vrou uiteindelik al mens op wie hy kan staatmaak? ’n Genuanseerde, ironiese blik op seks, intieme verhoudings en eksistensiele krisisse.