Grilgrypers 1: Die vloek van Vreesbaai
Автор: De Wet Hugo
Год издания: 0000
Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is hierdie kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: 'n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen 'n geheim met hulle saamdra. Kan dit wees dat al die kinders op Vreesbaai deur iets afgrysliks geterroriseer word? Die eerste titel in 'n heerlike nuwe reeks grilstories vir jong lesers.
Grilgrypers 2: Web van die mummie
Автор: De Wet Hugo
Год издания:
Pippa kry nog altyd nagmerries oor haar grootste vrees: spinnekoppe. Net voordat sy hulle plaas, Moordkuil, in die Karoo verlaat om ’n nuwe skooljaar in ’n koshuis in die Paarl te begin, word die gemummifiseerde liggaam van ’n meisie in ’n bergskeur op die plaas ontdek. Is dit die liggaam van haar pa se vermiste suster? Tot Pippa se skok, is haar nuwe kamermaat gaande oor spinnekoppe. En hoekom voel dit asof die mummie haar skool toe gevolg het?
Grilgrypers 3: Kamp vir monsters
Автор: De Wet Hugo
Год издания:
Volgens Clayton se pa en sy nuwe verloofde is hy 'n probleemkind. Hy word na 'n eksklusiewe rehabilitasiekamp vir tieners gestuur, maar dis nie net die streng sekuriteit en geheimsinnige personeel wat aandui iets is nie pluis nie. Clayton is vreesbevange vir die digte bome wat die kamp omring en snags sluip vreemde gediertes in die woud rond. En dan begin van die tieners verdwyn. . .
Vloek
Автор: Rudie van Rensburg
Год издания:
In Rudie van Rensburg se eerste Kassie Kasselman-roman, Slagyster, ontmoet ons vir Carl Bester, gevalle oudspeurder. Slagyster eindig waar hy op vlug gaan na hy geld gesteel het waarop in ’n dwelmsaak beslag gele is. In Vloek is Carl terug. Na ’n dekade word hy skielik gevrywaar van vervolging. Hy kan terugkom na SA – sy bannelingstatus uitgewis, maar teen ’n prys. “Ons vergeet van jou sondes in ruil vir ’n teenprestasie,” se sy nuwe werkgewer. Hy moet ’n saak van internasionale belang help ontrafel – een wat met lyke besaai le. Carl se polisiedae le ver in die verlede. Nou sal hy sy skadukant finaal moet afskud en weer soos ’n volbloedspeurder redeneer om die saak saam met ’n spul rookies op te los. Sal die berugte rokjagter ook die versoeking weerstaan om betrokke te raak by ’n beeldskone kollega? En dan is daar die neo-Nazi uit Carl se verre verlede. Gevul met die “heilige krag van die Fuhrer” is hy vasbeslote om wraak te neem op die man wat hom agter tralies laat beland het.