Найти книгу: "Droomkrans se engelman"


Droomkrans se engelman Droomkrans se engelman

Автор: Moryn Hanzen

Год издания: 0000

Zoetstroom is ’n klein dorpie en dis presies wat kunstenaar Dia Malan wil he: ’n stil plekkie om rus vir haar siel te vind. Sy besef egter gou dat die plaas Droomkrans waarskynlik nie die oase gaan wees waarop sy gehoop het nie. Dia het immers nie net ’n plaas geerf nie: Daar is ook twee koddige huismaats en ’n geheimsinnige huurder in die kothuis. Boonop is die huurder, Han Gericke, ’n soort befoeterd wat mens nou nie aldag agter elke bos uitskop nie. ’n Verbode ondersoek by die aantreklike man se woning lewer ook meer vrae as antwoorde op. Dia en Han sukkel aanvanklik om mekaar se geite en giere te verstaan en albei se hardkoppigheid vergemaklik nie juis die situasie nie. Net toe dinge mooi in mekaar begin pas, arriveer twee stadsjapies. Nou moet Dia besluit: Gaan sy haar geheime onthul of moet sy weer elders oorbegin?