Найти книгу: "Woorde is soos wors"


Woorde is soos wors Woorde is soos wors

Автор: Rona Rupert

Год издания: 0000

Josias Olwage kan nie wegbly van die Jeugsirkus nie. Tussen die akrobate en toutoertjie-meisies vergeet hy dat sy pa spoorloos verdwyn het en sy ma maar min tyd en lus het om na hom te luister. Toe hy boonop leier van die Poppekas word, loop sy beker oor: nou is hy onmisbaar. Maar Josias se geluk is van korte duur. Sy ma word baie siek en hy, kleinboetie Georgie, Mita en Hester moet in ’n kinderhuis gaan bly. Nou is die Sirkus Josias se enigste vashouplek. Maar die ongeluk ry hom. Op pad na ’n oefening een aand word hy deur drie skollies oorval. Die gebreekte arm is egter nie die ergste nie. Terug by die Sirkus, met sy bolyf in gips, kan hy sy eie oe nie glo nie. Iemand anders is besig om sy handpoppe te hanteer. En veel beter as wat hy ooit sou kon . . . In Woorde is soos wors vertel die twaalfjarige Josias self sy verhaal: elke tiener sal dan ook sy magteloosheid, hartseer en teleurstelling, maar ook sy tye van pret en vriendskap en uiteindelike aanvaarding van homself verstaan en aan eie lyf ervaar.
Rykie: 'n lewe met woorde Rykie: 'n lewe met woorde

Автор: Lizette Rabe

Год издания: 

In ’n tyd toe die meeste vroue of onderwyseres of verpleegster geword het, het Rykie van Reenen vir haar ’n loopbaan oopgeskryf in die joernalistiek. Sy het Suid-Afrika se eerste vroulike oorlogskorrespondent geword toe sy die Jom Kippoer-oorlog in Israel gaan dek het.In die 1960’s het sy naam gemaak as rubriekskrywer vir “Van alle kante” in Die Burger en in die 1970’s vir “Op die randakker” in Rapport. Die rubrieke was so gewild dat dit as ’n sirkulasiebouer by Rapport beskou is en later ook gebundel is.Van Reenen se fyn waarnemingsvermoe, wydbelesenheid en kreatiewe taalgebruik het haar in ’n klas van haar eie geplaas. Sy het geskryf oor kerksake, die politiek van die dag en het onderhoude gevoer met van Hendrik Verwoerd tot Steve Biko. Van Reenen word beskou in dieselfde liga as Piet Cillie en Schalk Pienaar en het ’n groot rol gespeel in die professionalisering van vroue-joernaliste.Twee boeke het uit haar pen verskyn: Emily Hobhouse: Boer War Letters (1984) en Emily Hobhouse: Heldin uit die Vreemde (1970).

Sonnet sonder woorde Sonnet sonder woorde

Автор: Ettie Bierman

Год издания: 

Valdi en haar niggie Fiela het lank gespaar vir hul Europese vakansie. Hulle kom op die ingewing van die oomblik ook na Capri, maar binne minute van hul aankoms, sien Valdi al in haar geestesoog hoe die hele vakansie in ’n opperste nagmerrie ontaard. Want wie tref sy op die idilliese eiland aan? Niemand anders nie as haar groot skoolliefde, Duard, die een wat haar hart gebreek het, haar in die afgrond in verneder het, haar stoksielalleen met die gebakte patats gelos het . . .Van vlug terug vasteland toe kom daar boonop nie veel nie. Daarvoor sorg ’n beseerde Fiela, nou wel per ongeluk, maar sy’s ook nie juis spyt nie – daar’s immers meer as een aantreklike Afrikanerman op die eiland. Hoe gaan Valdi se seer hart Duard se nabyheid oorleef? Al het dinge tussen hulle reeds nege jaar gelede skeefgeloop, moet sy uiteindelik aan haarself erken dat sy nog nooit oor hom gekom het nie . . .

Blywende woorde Blywende woorde

Автор: Sylvia de Kock

Год издания: 

Blywende woorde is ’n dagstukkieboek met 90 oordenkings wat gebaseer is op aanhalings deur bekende vroue soos Elize Parker, Helene de Kock, Christine Ferreira, Marzanne Leroux-van der Boon en Milanie Vosloo. Vroue sal bemoedig word deur die woorde van hierdie besonderse vroue wie se lewens getuig van hul Christenskap. Geinspireer deur vroue se geloof en hul verhouding met Christus. ’n Voorbeeld van aanhalings: Die dinge wat ons so seer kan maak dat dit onuithoudbaar raak, word die krag waarna ons vra om ons die hoogtes uit te dra. – Helen Steiner Rice. Die beste wat jy vir jou kinders kan gee, is jou deernis, jou teenwoordigheid, jou vergifnis, jou liefde, jouself. – Maretha Maartens

Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

Автор: Anton F. Prinsloo

Год издания: 

The second edition of Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom is completely revised with roughly 3000 new entries. Two thirds of these represent origins from mainly old Dutch sources. While many expressions and proverbs are obsolete, they are still found in texts. Meanings of these expressions and proverbs would be unavailable to readers who do not have access to older dictionaries. However, Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom fills this gap. In addition, it is a handy reference work for Afrikaans and English users: Afrikaans expressions are not only explained. For each Afrikaans expression, its English equivalent or meaning is provided. For the first time, Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom also includes information about intensive forms, such as so nors soos ’n buffel, as well as a number of commonly used Latin and French expressions, such as raison d'etre and joie de vivre.

'n Dief aan die kers - Skelm woorde deur die eeue 'n Dief aan die kers - Skelm woorde deur die eeue

Автор: Anton F. Prinsloo

Год издания: 

"Hierdie splinternuwe boek deur dr. Anton F. Prinsloo beskryf hoe die oorspronklike betekenisse van ongeveer 1 000 Afrikaanse woorde metterjare so verander het dat die betekenisse wat ons vandag ken, byna hoegenaamd nie sin maak nie.
So byvoorbeeld het die woord «ambisie» eeue gelede niks met ’n sterk strewe na sukses en vooruitgang te doen gehad nie. As iemand in daardie eeue ambisie gehad het, het die persoon soos ’n bedelaar van huis tot huis geloop. En die betekenis van die Nederlandse «dyk» was toentertyd allermins die van 'n “hoe wal by die see om water uit te hou”. Die woord het juis nie na die wal vewys nie, maar na die sloot wat gegrawe is om grond te kry om die wal, wat die land teen die see moes beskerm, mee te bou.
As ons vandag van ’n «kandidaat» praat, sou ons nie dink dat dit iemand is wat ’n verpligte wit rok sou moes aanhe nie. En die klein, kruipende diertjie wat ons 'n «wurm» noem, kon toentertyd na ’n maaier, slang, skerpioen of draak verwys het. Ligte, prettige leesstof.
Die boek verskil van ’n tradisionele boek oor die herkoms van woorde (die etimologie) deurdat dit net woorde behandel waarvan die betekenis erg prettig (en skelm) deur die tyd skeefgetrek is. "