Найти книгу: "Breek"


Breek Breek

Автор: Barrie Hough

Год издания: 0000

“As iemand my vertel het ek gaan die meisie van my drome in ’n laundromat ontmoet, het ek seker gese: Hoekom nie? In ’n wassery wat ruik na rook, vreemdelinge se vuil klere en ou kos? Waar seeppoeier soos skilfers op ’n ongesonde kopvel gestrooi le? Sure! Plekke met kerse, rose en musiek, waar meisies met Julia Roberts-monde en blink hare GQ-hunks op die lyf loop, is bedoel vir vervelige movies en boeke wat niks se nie. Dis soapie-materiaal. Ek het Justie in ’n laundromat ontmoet . . .” Hierdie verhaal deur die veelbekroonde en gewilde skrywer Barrie Hough en die ewe bekende verhoogpersoonlikheid Lizz Meiring het eers as verhoogstuk sukses behaal voordat dit in romanvorm beslag gekry het. Dit beloof om ewe gewild te wees as Barrie Hough se vorige boeke.
Wanneer die nuwe dag breek Wanneer die nuwe dag breek

Автор: Ena Murray

Год издания: 

Toe die jong Elfie en die wereldwyse Renier die eerste maal ontmoet, het hul albei geweet hulle het hul lewensmaat gevind. Maar hulle moes eers deur die lewe gelouter word voordat hulle mekaar werklik kon waardeer . . .

Wanneer woorde ontbreek Wanneer woorde ontbreek

Автор: Braam Klopper

Год издания: 

Jy kry die vreeslike nuus. Iemand vir wie jy omgee moes 'n geliefde aan die dood afstaan. Jou eerste gedagte is dat jy dadelik wil bel, maar dan besef jy – jy weet glad nie wat om te se nie. As jy al ooit so gevoel het, is die boek vir jou bedoel. Braam Klopper, predikant en pastorale terapeut van Kemptonpark-Oos, spits homself toe op die hantering en verwerking van rou. Hy weet presies waarmee ons worstel as ons wil uitreik, maar sprakeloos staan voor die pyn van ander. Wanneer woorde ontbreek bevat vele praktiese riglyne. Dit wys op die verskillende «routake» wat deurgevoer moet word, en lys alles wat met 'n geliefde se dood afgehandel moet word. Braam bekyk ook die impak van selfdood of die dood van 'n kind op die rouproses. 'n Onontbeerlike, wyse gids vir ons donkerste tye.