Найти книгу: "Een nag en 'n bietjie"


Een nag en 'n bietjie Een nag en 'n bietjie

Автор: Hester Kruger

Год издания: 0000

Daar was die dag voor die gebeure, en die dag daarna. En dan was daar die nag tydens. Nooit weer sal Margaretha se lewe dieselfde wees nie. Een gewone weeksaand is sy en haar man in hul plaaswoning tussen Middelburg en Groblersdal beroof en ontvoer. Wonder bo wonder het hulle albei die nag oorleef. Een nag en ’n bietjie is gebaseer op ware gebeure. Dit is ’n verhaal wat ons herinner aan wat dit is om mens te wees in Suid-Afrika. Dit is ’n hartverskeurende boek, en aangrypend. Maar tog laat dit jou jubel jy woon hier, in hierdie verraderlike, verrassende en onvoorspelbare land.
Wag 'n bietjie Wag 'n bietjie

Автор: Tryna du Toit

Год издания: 

Die Bolander-trilogie was een van die gunstelinge uit die pen van ’n skrywer wat steeds geliefd is onder Afrikaanse lesers. Hoewel elk van die drie romans ’n spannende vollengteroman uit eie reg is, vorm dit ’n geheel wanneer dit saam gelees word. Dit is die verhaal van die mense van Saailaagte, ’n dorpie in die hartjie van die Karoo. In die tweede verhaal, Wag 'n bietjie, moet Magriet, 'n stadsmeisie, ’n gerieflikheidshuwelik met die jong boer Barry aangaan.

Wag-'n-bietjiebos van die liefde Wag-'n-bietjiebos van die liefde

Автор: Ena Murray

Год издания: 

’n Nuwe geval in Keerboomstraat, H.A. van der Merwe, keer Lisbe Erwee se geordende bestaan as maatskaplike werker omver. Hoekom groef daar soveel harde, bitter lyne op die man se gesig? Hoekom moes ’n jong ma sterf en tweelingseuntjies wees agterlaat? Die wag-’n-bietjiebos by die voorhekkie van Helm se huis is vir hom simbool van sy lewe. Bid dat jou eie lewe nie in ’n wag-’n-bietjiebos vasgevang word nie, waarsku Helm vir Lisbe. ’n Mens het altyd raad vir ander totdat jou eie lewe skielik in die dorings van hoekoms en waaroms verstrengel raak. Wanneer Lisbe op ’n dag self letterlik verstrik raak in daardie bos, word dit ook simbool van die vangtakke waaruit sy haar nie kan ontwar nie. Want erens langs die pad het sy haar hart verloor. En nes Helm, weet sy nie hoe om te ontsnap uit die takke van die wag-’n-bietjiebos van die lewe nie.

Wag-'n-bietjie-liefde Wag-'n-bietjie-liefde

Автор: Susan Pienaar

Год издания: 

Alex was Amber se hoerskool-crush. Die ouer broer van haar vriendin Mandie was egter ver buite haar bereik, en in elk geval: “Pasop vir mooi mans,” so het Amber se hartseer ma haar geleer. Nou, jare later, is Alex weer in die prentjie. As Amber geweet het hy is op pad terug Suid-Afrika toe, sou sy nie as sy broer Kobus se au pair begin werk het nie. Sy moet saam met Mandie en albei haar broers op vakansie gaan, en het te kampe met Alex se sjarme – maar genade, die man kan ook ’n buffel wees! – en Kobus se meisie, wat ’n ogie op Alex het. Wanneer Amber in die hospitaal beland, word die ding tussen haar en Alex op die spits gedryf . . . Maar wat is daar tussen hom en sy sekretaresse, Liefie?