Kristalvlakte
Автор: Amy Jephta
Год издания: 0000
Uit die flenters van oorloe smous Priscilla vir haar en haar familie ? lewe aanmekaar. 'n Gemeenskap op die Kaapse Vlakte bloei op die snypunt van politieke ordes, bende-base en godsdiensleiers. Soms is daar eilandjies vrede, soos in enige goeie oorlog. Maar oorlog is soos liefde: dit sal ? pad vind. En solank die bloeddruk klop, sal Priscilla se smokkelhandel oorleef, in die kantlyn van die geskiedenis. Amy Jephta se epiese teaterstuk vertel die verhaal van ? gemeenskap, ? verhaal veel groter as die van individuele karakters. Hierdie herwerking van Bertholt Brecht se Mutter Courage und ihre Kinder bied geen eenvoudige antwoorde nie, maar vlek ? sosiale werklikheid oop tot op die been.