Найти книгу: "Tienerharte 3: Hartedief"


Tienerharte 3: Hartedief Tienerharte 3: Hartedief

Автор: Cecilia Steyn

Год издания: 0000

Lisa is klaar met Thomas se leuens. Vir drie jaar was hulle smoorverlief – maar dit was voordat hy hom aan dwelms oorgegee het en nou is haar lewe ’n totale gemors. By die Elizabeth Galloway Akademie vir modeontwerp in Stellenbosch probeer Lisa ’n nuwe lewe begin, maar hoe kan sy vlug van die donker geheim wat sy met haar saamgesleep het? Wanneer sy weer vir Estian, met sy onweerstaanbare groen oe, raakloop, word dinge nog meer gekompliseerd. Sy kan beslis nie nou by iemand betrokke raak nie. Dit mag dalk net sy lewe kos . . . Estian is oortuig Lisa is die een vir hom. Sy weet dit net nog nie. Die eerste keer wat hy haar gesien het, het sy die suurstof uit sy longe gesteel. Maar toe hy oor haar uitvra, het almal net die onderwerp verander. Noudat hulle paaie weer gekruis het op Stellenbosch, gaan hy haar beslis nie weer deur sy vingers laat glip nie. Hy sal Lisa Malan se geheime een vir een ontrafel. Elke verhaal in die Tienerharte-reeks is propvol aksie, hartstog en drama wat jou vasgevang sal hou tot die laaste bladsy!
Trompie die hartedief (#8) Trompie die hartedief (#8)

Автор: Topsy Smith

Год издания: 

’n Fotograaf kom die leerders by die skool afneem, en Trompie en sy manskappe besluit om nie soos al die ander vroom gesiggies op te sit nie. Hulle gaan kyk wie van hulle die lelikste bakkies kan trek. Maar die skoolhoof daag op wanneer ons held voor die kamera beland en hy kan nie maak soos hy belowe het nie. Sy drie maats beland in die moeilikheid en besluit om hom daarvoor te straf. Hulle gebruik die feit dat hy dink meisies is so mal oor hom om hul Grootkaptein ’n lelike streep te trek. Wanneer die Boksembende uiteindelik weer vrede maak, kan hulle die res van die dorp nie in vrede los nie en jaag Trompie se suster en ’n vriendin van haar lelik die skrik op die lyf. Hulle reel ook die Rugbywedstryd van die Eeu en moet boonop ’n onnutsige agtjarige knapie leer om mens te word. Trompie, Rooie, Blikkies en Dawie regeer beslis op Kwaggaberg!

Hermien en die hartedief Hermien en die hartedief

Автор: Anita du Preez

Год издания: 

Hermien en Jamie is net vriende. As studente was hulle woonstelmaats, en ja, jare gelede was daar daardie enkele insident . . . Maar wanneer Jamie al weer in haar woonstel kom asiel soek nadat hy die soveelste keer van ’n vrou weggehardloop het, is Hermien baie seker sy soek hom nie naby haar nie. Sy wat Hermien is, het ’n baie gawe kerel en haar eie, suksesvolle besigheid. Jamie is net in die pad, veral toe hy aandring om ’n paar dae by haar te bly om te skuil van sy nuutste porsie gebakte pere. En tog . . . Hy’s Jamie . . .
Hermien se sake loop vreeslik deurmekaar. Sy en Jamie beland in die bed op ’n manier wat haar laat duisel, die saai maar goeie Wynand vra haar om te trou, daar’s ’n onverwagse swangerskap en les bes ’n verwarde vakansie in Italie. Deurentyd worstel Hermien met haar demone: Sy glo sy’s te mollig en sy kan geen man vertrou nie, allermins die player Jamie, weens haar pa se kaperjolle en haar ma se gebroke hart.
Jamie moet alles uithaal om haar te wys dat hulle twee saam alles kan he, maar eers moet hy en Hermien albei ’n groot stuk grootword aanpak.

Tienerharte 1: Hartklop Tienerharte 1: Hartklop

Автор: Cecilia Steyn

Год издания: 


Tienerharte 2: Hartbreker Tienerharte 2: Hartbreker

Автор: Cecilia Steyn

Год издания: 

Stefan vry graag in die bondel. Hy is definitief nie 'n ou vir commitment nie. Maar sy suster se vriendin, Ciska, is nie soos ander meisies nie. Haar rooi hare is net so rebels soos sy en as sy vir hom kyk, kry hy 'n snaakse pyn oor sy hart. As ? dokter hom sou vra, sou hy moes erken hy het hierdie gevoel al van Desember af toe Ciska Rossouw in sy lewe ingestap het. Maar vir die rekord: Hy is nie verlief nie en hy sal ook nooit verlief raak nie. Ciska wil nooit van 'n man afhanklik wees nie. Sy het 'n sewe-jaar-plan om haar studies klaar te maak en te begin werk, en sy is trots daarop. Dan eers sal sy weer 'n verhouding oorweeg. Geen man sal ooit weer oor haar hart dans nie, daarvoor sal sy sorg. Want ouens soos Stefan Bruwer is gevaarlik. Veral met sy ondeunde glimlag en die aantreklike kuiltjie in sy ken . . . Elke verhaal in die Tienerharte-reeks is propvol aksie, hartstog en drama wat jou vasgevang sal hou tot die laaste bladsy!

Tienerharte 4: Hartsnaar Tienerharte 4: Hartsnaar

Автор: Cecilia Steyn

Год издания: 

Sophia droom om eendag prima ballerina assoluta te wees. Sy en Noah is al beste vriende vandat hulle in doeke is en in matriek doen hulle saam aansoek om 'n somerskool in Londen by te woon: hy by die Royal Academy of Music en sy by die Royal Ballet School. Maar dan word Noah se ma siek en hy besluit om te bly. Sophia sou nooit droom om sonder Noah Londen toe te gaan nie, maar nou is alles anders. Na wat met haar gebeur het, is dit dalk die perfekte tyd om weg te kom. Dalk sal sy dan regtig weer oukei wees . . . Noah is Sophia se skouer om op te huil. Hy is daai ou. Die geek wat toor met rekenaars en 'n viool se snare. Sophia is die enigste meisie wat hy ken wat versot is op Star Wars en boonop vir Dracula bo Edward Cullen verkies. Haar groot groen oe is sy gunstelingplek op aarde. Maar hoe kan hy vir sy beste pel se hy is verlief op haar sonder om hulle vriendskap op te foeter? En wat weet 'n nerd nou van 'n meisie se voete onder haar uitslaan? Elke verhaal in die Tienerharte-reeks is propvol aksie, hartstog en drama wat jou vasgevang sal hou tot die laaste bladsy!