Sag fluister my hart
Автор: Schalkie van Wyk
Год издания: 0000
As hoof van die Blanchet-meisieskool word daar van Sandri Blanchet verwag om haar waardig te gedra. Maar toe sakeman Marko Waalstra by haar kantoor inbars en haar van allerhande dinge beskuldig, kap Sandri besonder onwaardig terug. Die vent weet hoe om haar verkeerd op te vryf. En tog kan sy nie ontken dat sy hul rusie so ’n bietjie geniet nie. Vir ’n rukkie vergeet sy van protokol terwyl die vonke spat. Dit blyk dat Marko besorg is oor sy susterskind, Christiane, wat met Sandri se halfbroer, Jean-Pierre, ’n verhouding het. Toe Marko voorstel dat hy en Sandri mekaar beter leer ken ter wille van die twee se jong liefde, skop Sandri tee. Maar haar familie nooi Marko om op hul landgoed te kom kuier. Daar sien Sandri ’n sjarmante sy van Marko. Maar hoe kan sy iemand vertrou wat so ’n bedrewe flankeerder blyk te wees? Toe daar ’n anonieme brief by die Blanchets afgelewer word wat Marko en Christiane se identiteit in twyfel trek, is Sandri nog meer onseker oor haar gevoelens vir hom . . .
Fluisterliefde
Автор: Ettie Bierman
Год издания:
"Die liefde praat met baie stemme in ’n mens se hart, het Beamari eens op ’n tyd besef, en soms moet jy diep luister om die boodskap te kan hoor. Partykeer praat die liefde met ’n fluisterstem en soms is dit soos die druising van ’n stormwind op see. Maar haar lewe is so besig dat sy nie altyd ewe goed ingestem is op fyn vibrasies en nuanses nie. Naudesrust, die piesangplaas aan die KwaZulu-Natalse Suidkus waar sy en haar rugbyman swoeg om vooruit te kom, verg meer arbeid as wat hulle kan bybring. Die diereherberg op die werf het heeltydse sorg nodig. Boonop maak die hondeskool en -salon wat sy beplan nie voorsiening vir aandagtig luister na die taal van jou hart nie. Die noodlot gryp egter in, een Saterdagmiddag in Durban op pad na ’n rugbywedstryd. En skielik, sonder waarskuwing, is daar twee nuwe stemme – een stug en befoeterd, die ander nostalgies verlief – wat haar hart laat luister. Beamari moet ’n keuse maak wat haar lewe en die van haar kind gaan verander.
Die liefde praat met baie stemme in ’n mens se hart, het Beamari eens op ’n tyd besef, en soms moet jy diep luister om die boodskap te kan hoor. Partykeer praat die liefde met ’n fluisterstem en soms is dit soos die druising van ’n stormwind op see. Maar haar lewe is so besig dat sy nie altyd ewe goed ingestem is op fyn vibrasies en nuanses nie. Naudesrust, die piesangplaas aan die KwaZulu-Natalse Suidkus waar sy en haar rugbyman swoeg om vooruit te kom, verg meer arbeid as wat hulle kan bybring. Die diereherberg op die werf het heeltydse sorg nodig. Boonop maak die hondeskool en -salon wat sy beplan nie voorsiening vir aandagtig luister na die taal van jou hart nie. Die noodlot gryp egter in, een Saterdagmiddag in Durban op pad na ’n rugbywedstryd. En skielik, sonder waarskuwing, is daar twee nuwe stemme – een stug en befoeterd, die ander nostalgies verlief – wat haar hart laat luister. Beamari moet ’n keuse maak wat haar lewe en die van haar kind gaan verander. "