Ondersoek my hart
Автор: Ilze Beukes
Год издания: 0000
Sedert die dood van haar ma aan kanker, toe Madelie Botma nog maar ’n kind was, het sy ’n vrees vir dokters en hospitale. Toe dokter Ian Duvenhage by haar klaskamer inbars om sy broerskind, Handre, te ondersoek, is juffrou Botma dus hewig ontsteld. Dit blyk dat Handre tydelik by sy oom bly omdat daar komplikasies met sy ma se swangerskap is, maar die man weet duidelik minder as niks van kinders en Madelie moet teesinnig ingryp. Sal die aantreklike Ian haar skanse kan afbreek en haar help om haar vrese te oorkom? Daar is immers ’n nuwe kankerpasientjie in haar lewe, haar kunsstudent Sanet, wat Madelie se bystand nodig het. Maar dan daag ’n ou liefde van Ian op en begin aantygings maak . . .