Ettie Bierman Keur 11
Автор: Ettie Bierman
Год издания: 0000
In ’n Stadsjapie vir Pafuri het al Janie se vriende haar gewaarsku dat sy ’n groot fout maak. “Jy kan nie met ’n man trou wat jy skaars twee weke ken nie,” het hulle gese. “Leer hom eers beter ken . . . en leer eers sy omstandighede beter ken. Hoe sal ’n gebore Johannesburger dit in ’n eensame wildreservaat uithou, met net vliee en slange vir geselskap?” Maar Janie het gedink dat sy beter weet. Theo was dan so ’n wonderlike man, so liefdevol en bedagsaam, en sy was so inniglik lief vir hom. Wat maak dit dan saak waar hy woon, solank sy net by hom kan wees? Dit duur nie lank voordat sy besef dat sy dalk na haar vriende se raad moes geluister het nie. Theo wat sy arm om haar gesit en mooi woordjies in haar oor gefluister het voordat hulle getroud is, is nie die Theo wat so vasgevang is in sy werk dat sy hom skaars sien nie. Sy leer ’n ander Theo ken: ’n sleggehumeurde man wat gedurig met haar rusie maak sonder dat sy verstaan waarom dit gaan. Gelukkig is Katinka daar om haar raad te gee en haar vriendin te wees, en dierbare Walt, Theo se neef wat ’n kunstenaar en ’n beskaafde man is. Hulle twee maak haar onaangename lewe ’n bietjie draagliker. In Benodig: ’n Vrou vir Braam besoek Belinda die historiese Graaff-Reinet op pad na die Kaap waar sy vakansie gaan hou. Soos elke toeris gaan neem sy foto’s van al die ou geskiedkundige geboue en tot haar groot ontsteltenis ontmoet sy ’n dogtertjie wat in die kerk wegkruip. Die kind huil hartverskeurend en na geduldige ondervraging kom die waarheid uit. Die kind is bang vir haar pa en nou kruip sy hier in die kerk vir hom weg. Belinda is dadelik simpatiek en vind toe ook uit dat die kind se ma dood is, en dat haar pa haar nou kom haal om by hom te bly. Haar pa en ma is geskei en sy het by haar ma gebly, want haar pa is ’n slegte man en sy wil nie saam met hom gaan nie. Impulsief besluit Belinda om die kind se pleegma se toestemming te kry om haar saam te neem Kaapstad toe. Die is maar te bly om van die kind ontslae te raak en die twee vertrek. Hulle is egter skaars op pad toe die dogtertjie agtertoe kyk en haar pa in ’n motor sien. Belinda besef dadelik dat hy hulle agtervolg en daar volg ’n verbete vlug af Kaap toe, om die kind te red van ’n pa met moordneigings. In Man in die donker is Senta Swiegers en haar man, kaptein Henk Swiegers van Jakaranda-lugdiens, op die punt om haar verjaardag te gaan vier toe Henk ontbied word om vir ’n medevlieenier op ’n oorsese vlug in te staan. Dit bederf die hele dag vir Senta en sy is woedend, maar min kon sy weet dat die ergste nog sou kom. Voor die einde van daardie dag word daar ’n moord gepleeg waarby sy betrek word . . . Sy was immers die laaste persoon wat die vermoorde, die sjarmante vrouejagter kaptein Don Metelerkamp, lewend gesien het voordat die donker figuur in die tuin toegeslaan het. Senta gaan deur die moeilikste tydperk van haar lewe – ’n tydperk waarin dit lyk of selfs haar man haar nie glo nie, want is hy nie maar te bewus van die verhouding wat daar vroeer tussen sy vrou en Don was nie?
Hettie of Hope Street
Автор: Annie Groves
Год издания:
A breathtaking tale set of one girl’s determination to triumph against the odds. From the bestselling author of Child of the Mersey and Home For Christmas.Hettie is an orphan, taken in by Ellie Pride and her husband to their Preston home and treated as one of the family. But she has never felt she truly belonged.Hettie has a special gift – a beautiful singing voice – and on the cusp of womanhood, she makes a choice that will alter the course of her life. Amid the bright lights of Liverpool, she will follow her dreams.But once there, the only way to survive is working in the kitchens of a restaurant. Until, by chance, she is heard singing by the owner…Whisked to London, Hettie is thrown into a theatrical and colourful world but one with a dark side, its young inhabitants haunted by the horror of the First World War, and stalked by the fear of the Depression to come.Then tragedy strikes, and Hettie must decide between her heart and her head, her duty and her desire…